IMDB
IMDB rating: 7.1
My rating: 7
Paulie (Ethan Hawke) en Brian (Mark Ruffalo) is twee jeugdvriende. Hulle word saam groot in ‘n buurt waar kleine kriminaliteit gesien word as normaal. As kinders besluit hulle om iets af te lewer vir ‘n gangster. Vinnig was hullle verslaaf aan die soort lewe. Vijftien jaar later sit hulle vas in ‘n lewe vol geld, wat hulle net so maklik weer uitgee. Brian se vrou hou nie daarvan nie en dit veroorsaak probleme in hulle verhouding…
Te bloederig vir klein kinders.


IMDB
IMDB rating: 7.2
My rating: 6
‘n Alleenstaande moeder sukkel om haar seun te verstaan. Hy’t ‘n obsessie met rokke, poppe en cheerleading. Dan gaan haar Pa ook nog dood en kom haar broer by haar woon. Ag ja, nie ‘n maklike fliekie nie…
Almal.


IMDB
IMDB rating: 8
My rating: 5
Die (meestal floue) humor was nie genoeg om hierdie science fiction te red nie. Ek is seker in die minderheid, want die fliekie score nogal hoog op die IMDB.
Almal.


IMDB
IMDB rating: 6.3
My rating: 6
Ek het nooit die televisiereeks gesien nie. Miskien sal mens se opinie anders wees, as jy die reeks ook volg. ‘n Klompie mense hang tussen die lewe en die dood.
Almal.


IMDB
IMDB rating: 8
My rating: 7
‘n Dokumentêr oor die Hawaiise suikerriet padda. Ingevoer na Australië, om allerlei ongediertes te bestry. Maar ‘n reuse mislukking, omdat die padda’s nie die ongediertes opeet nie - ook nog, omdat daar geen natuurlike vyande vir die padda’s is nie, teël hulle aan soos muise, sodat hulle nou self ‘n plaag is.
Wil byna sê dat dit nie vir kinders bedoel is nie.


IMDB
IMDB rating: 7.3
My rating: 8
Wanneer Frank en Angela en hulle twee kinders uit hulle New Yorkse woonstel gezit word, het hulle geen ander keuse as om by ‘n tehuis vir homeless mense te gaan bly nie. Na ‘n paar maande kom daar egter goeie nuus, ‘n woonstel waar hulle kan gaan woon. Dis oukersdag en die huis is onmiddelik beskikbaar. Frank se droom is om sy gesin te laat kersfees vier in hulle eie huis, maar om die woonstel te kan kry, moet hy ‘n vast werk hê. Terwyl die mensdom besig is met laaste kersinkopies, gaan hy die strate in op soek na werk…
Almal.


IMDB
IMDB rating: 6.2
My rating: 7
‘n Introverte skrywer verdien geld deur selfmoordbriefies vir mense te skryf, wat moeg is vir die lewe. Op ‘n dag raak hy egter verlief op die sussie van een van sy klante, wat hy tydens die begrafnis van sy klant ontmoet.
Almal.


IMDB
IMDB rating: 7.6
My rating: 7
Dis Tweede Wêreldoorlog, dis winter, 1945. Daar is hongersnood in die weste van Nederland en steeds meer mense gaan soek hulle heil in die ooste. Die 14 jarige Michiel is die seun van die burgemeester van ‘n dorpie in die ooste. Terwyl sy Pa besig is om soveel moontlik te keer dat mense die dorpie oorstroom, wil Michiel ook graag sý deeltjie in die verset bydra…
Daar is ‘n paar skokkende beelde vir klein kinders.


IMDB
IMDB rating: 3.1
My rating: 3
‘n Goeie idee, omgesit in ‘n swak poging om ‘n erotiese thriller te maak. Jammer.
Volwassenes.


IMDB
IMDB rating: 7.4
My rating: 6
‘Dagen zonder lief’ vertel die verhaal van vyf vriende, wat jare later weer bymekaarkom. Die spark van hulle vriendskap van vroeër kan hulle egter nie terugbring nie.
Almal.

« Previous PageNext Page »