“Potgooi” is die Afrikaanse woord vir “Podcast”.

‘n Potgooi is ‘n radioprogram deur amateurs soos ek en jy. Potgooie het ontstaan deurdat die mense moeg geraak het vir radiostasies wat elke dag dieselfde klink.

Om ‘n Potgooi te luister is lank nie so moeilik soos wat jy dink nie. Al wat jy nodig het is:

  • ‘n Internetverbinding. Hoe vinniger, hoe beter. Met ‘n telefoonverbinding kan dit ure neem om ‘n Potgooi te download.
  • Iets om mee te luister. Dit kan jou PC wees (as hy speakers het). Dit kan ‘n iPod of enige ander MP3-speler in die wêreld wees. Jy kan selfs deur ‘n Audio CD te maak van die MP3 file, dit op CD brand en in jou kar daarna luister! (Tip: Gebruik rewritable CD’s, want meestal luister mens maar een keer na ‘n Potgooi.)
  • Daar is nie ‘n derde stap nie! :-)

Maak seker dat jy geen aflewering van jou gunsteling Potgooi mis nie! Teken in op die RSS Feed.

Daar is verskillende programme om te gebruik om in te teken op RSS Feeds. As jy ‘n ander program gebruik, weet jy tien teen een ook hoe om ‘n RSS Feed toe te voeg. As jy egter nog niks van RSS Feeds weet nie, beveel ek iTunes aan.

  • Download iTunes gratis hier. (Tip: Lees goed, want daar’s allerlei nuusbriewe en gemors wat jy gaan ontvang as jy nie die regmerkies uit die blokkies verwyder voor jy installeer nie.)
  • Installeer iTunes.
  • Maak iTunes oop en kliek aan die linkerkant op Podcasts. (Jammer, my iTunes is Hollands…)

iTunes 

  • Op byna alle sites waar mens op ‘n RSS Feed kan kliek sien jy hierdie icon:  Kliek met die regter muisknop op hierdie icon en kies “Copy Shortcut”.
  • In iTunes, kliek nou in die boonste balk op “Advanced” en dan op die opsie om in te teken op ‘n Podcast (ek weet nie wat dit in Engels is nie).

  • Jy kry dan die volgende skermpie te sien:

  • Nou kan jy regskliek in die skermpie en “Paste” kies. (Jy kan ook die link handmatig intik, as jy hom ken).

  • Die Potgooi verskyn nou in jou hoofvenster. iTunes laai automaties die nuutste aflewering af op jou PC. As jy graag van die ouer afleweringe ook wil luister kan jy kies om hulle ook te download.

  • iTunes het ‘n ingeboude speler waarmee jy die potgooi kan luister. (Die lekker van iTunes is, dat hy, as jy halfpad stop, onthou waar jy was, as jy later weer na die potgooi teruggaan)

  • As jy liewer self wil besluit wat om met die mp3 files te doen, kan jy hulle vind onder “My Documents\My Music\iTunes\iTunes Music\Podcasts“.
  • LET OP: As jy ‘n Potgooi in iTunes klaar geluister het, en dan update, word die mp3 files automaties verwyderd!

  • Die knop om die nuutste Potgooie te download, sit aan die regter kant bo in iTunes.

Het jy vrae, vra gerus!