Ons luister graag na Afrikaanse potgooie en, omdat daar nog geen potgooi van die Europese vasteland is nie, het ons besluit om ook ‘n keer te probeer. Ons eerste potgooi is nie volmaak nie. Ons klanklevels is maar amateuragtig. Charlene veral is met tye baie moeilik hoorbaar. Machiel uhmmm te veel en belowe om daaraan te werk. Die potgooi is gemaak op ‘n laptoppie wat nog op parrafien draai. Ons het net een mikrofoon, wat eintlik net bedoel is vir MSN Video Chat. Dis die eerste keer wat ons met Audacity kennis gemaak het (lieflike programmetjie en GRATIS! http://audacity.sourceforge.net/)

Inmiddels is dit al ’n klomp potgooie verder en ons geniet nog elke oomblik. Soos julle nou al weet bly ons in Nederland (Al byna agt jaar!) Ons is nege jaar getroud en het ´n splinternuwe seuntjie genaamd Sebastiaan. 

Ons

Wiebeltjies
Die liefde in ons lewe….