March 2009



IMDB
IMDB rating: 6.8
My rating: 6
Twee gesinne kom bymekaar om Kersfees te vier. Dit begin as lekker vakansie, maar wanneer die kinders, sonder duidelike rede, hulle ouers begin aan te val, verander alles in ‘n nagmerrie.
Te bloederig vir klein kinders.


IMDB
IMDB rating: 6.7
My rating: 7
John Whittaker, ‘n jong Engelsman, trou met die Amerikaanse Larita. Maar wanneer hy haar saamvat na sy ouerhuis om sy ouers te ontmoet, kry sy nie die warm ontvangs waarop sy gehoop het nie. Inteendeel, haar nuwe skoonma is glad nie beïndruk met haar nie… Ek het gesukkel om die fliek te begin kyk, maar het dit eintlik baie geniet.
Almal.


IMDB
IMDB rating: 4.9
My rating: 7
Twee boesemvriendinne droom al jare hoe hulle in Juniemaand sal trou en hoe hulle onthale sal wees. Wanneer hulle egter groot is en toevallig op dieselfde dag wil trou, word hulle aartsvyande wat nie sal stop voor hulle elkeen hulle eie sin gekry het nie. Die film is bietjie kinderagtig met tye, maar ek het dit nie so sleg gevind soos wat meeste mense wil voorgee dat dit is nie.
Almal.


IMDB
IMDB rating: 4.6
My rating: 6
Vir die derde in ‘n reeks is dit seker nie ‘n té slegte film nie. ‘n Paar bloedstollende oomblikke. Maar die ergste (en die beste) van die Grudge-reeks het ons tog al in die eerste beleef.
Te bloederig vir klein kinders.


IMDB
IMDB rating: 7.1
My rating: 7
Thelma Cates se dogter vertel haar op ‘n aand, heel kalm, dat sy die nag sou selfmoord pleeg. Sy’t niks meer om voor te lewe. Sy’t epilepsie, sy’s werkloos. Haar seun is verslaaf en sy’s geskei. Natuurlik probeer Thelma om haar dogter anders te oortuig. ‘n Diep hartseer verhaaltjie.
Almal.


IMDB
IMDB rating: 6.9
My rating: 7
Nick (Michael Cera) en Norah (Kat Dennings) ontmoet mekaar op een punkkonsert. Hoewel hulle, behalwe hulle musieksmaak niks in gemeen het nie, val hulle vir mekaar. Later dieselfde nag word dinge veel meer ingewikkeld, as dit duidelik word dat Nick die ex is van een van Norah se vriendinne. Saam gaan hulle op soek na hulle gunsteling band se konsert… Hierdie is ‘n goeie fliek, maar die kougom gedeeltetjie kon hulle maar uitgesny het, die fliek sou dan nog beter wees.
Almal.


IMDB
IMDB rating: 4.1
My rating: 7
Sam Reed se meisie is vermoor. Hy gebruik sy spesiale kragte om terug in die tyd te reis om haar te red. Maar as hy terug is, kom hy agter dat die moordenaar nog op vrye voet is en alles net vererger is, deur sy inmenging in die verlede… Ek was aangenaam verras met die fliekie, maar dit kan wees omdat ek nie soveel verwag het van die derde in die reeks nie.
Te bloederig vir klein kinders.


IMDB
IMDB rating: awaiting five votes
My rating: 6
Klomp jongmense, pas klaar met skool, geniet van die somer, voordat hulle uitmekaar gaan, elkeen na sy eie universiteit.
Te veel seks vir klein kinders.


IMDB
IMDB rating: 6.7
My rating: 7
Wanneer Gina McVey (Lena Headey) in ‘n telefoonhokkie besig is om te bel, sien sy haarself in een van die karre verbyry. Sy besluit om die kar te volg en sien die misterieuse vrou by ‘n woonstel na binnegaan. Van die oomblik af verander haar lewe ingryplik.
Te scary vir klein kinders.


IMDB
IMDB rating: 5.7
My rating: 7
Adrienne Willis (Diane Lane) en haar man is uitmekaar. Sy gryp dan ook die uitnodiging van ‘n vriendin aan, om haar gastehuis op te pas vir ‘n naweek, sodat sy haar gedagtes kan uitsorteer. Die enigste gas by die gastehuis is Dr. Paul Flanner (Richard Gere). Hy is op sy beurt daar om dinge reg te stel met die familie van een van sy pasiënte. Nodeloos om te sê, ontstaan daar ‘n verhouding tussen die twee…
Almal.

Next Page »