February 2009



IMDB
IMDB rating: 7.9
My rating: 7
As surrealisme jou ding is, is hierdie een vir jou! Teaterregisseur Caden is druk besig om ‘n paar dinge in sy lewe reg te probeer ruk. In die proses bou hy ‘n lewensegte kopie van New York vir sy teaterproduksie. Nie ‘n ontspan met bakkie popcorn tipe fliek nie, maar wél goed.
Almal.


IMDB
IMDB rating: 7.2
My rating: 7
Poppy is een van daai mense, wat tenspyte van al die stront wat die lewe haar gooi, altyd happy bly. Soveel so dat dit mens soms bietjie kan irreteer. Maar die meeste van ons kan iets van haar leer…
Almal.


IMDB
IMDB rating: 6.9
My rating: 7
Dis 1964 en rassespanning loop hoog in South-Carolina. Lily Owens en haar vriendin Rosaleen Daise loop weg. Lily, omdat sy wil ontsnap van haar pa en Rosaleen, omdat sy wil ontsnap van die blankes wat haar terroriseer. Op hulle pad kom hulle drie susters teë, wat hulle met warm harte ontvang. Hier leer hulle belangrike lewenslesse en stadig maar seker begin die geheime verlede van Lily se ma ook duideliker. ‘n Mooi film, veral gemik op die vroulike kykers…
Almal.


IMDB
IMDB rating: 5.8
My rating: 5
Vier sukkelende akteurs spandeer ‘n naweek in ‘n hut. Die doel: om ‘n film te maak. So goedkoop moontlik. Hulle besluit om ‘n slasher film te maak. Om geld te bespaar laat hulle die moordenaar rondloop met ‘n sak oor sy kop. Maar dan begin iemand rondloop met ‘n sak oor sy kop en weet niemand meer wie dit is nie. Die punt wat hulle wou maak is dat Hollywood mens laat dink dat mens miljoene nodig het om ‘n behoorlike film te maak. Die punt wat hulle bewys het is ongelukkig dat mens ook nie altyd kuns maak as jy met ‘n lae budget werk nie.
Nie vir kinders nie.


IMDB
IMDB rating: 7.1
My rating: 7
Die 18-jarige Ian (Josh Zuckerman) is die enigste in sy vriendekring wat nog nie by ‘n meisie geslaap het nie. Wanneer sy internet vriendin haarself aan hom bied, besluit hy om van Chicago tot in Knoxville te ry, om sy fantasie waar te maak. Dit lewer ‘n road trip vol lagwekkende (en, ongelukkig, belaglike) oomblikke. Een van die beter komedies wat ek in die laaste tyd gesien het. Word net af en toe bietjie té vêr gedruk.
Nie vir kinders nie.

aka Towelhead


IMDB
IMDB rating: 7.3
My rating: 7
Wanneer haar ma se boyfriend met haar begin lol, word die 13 jarige Jasira na Texas gestuur, om by haar Libanese pa te gaan woon. Haar streng pa weet egter ook nie hoe om liefde en aandag aan ‘n adolosente meisie te gee nie. Amerika (of is dit Bush) staan op die punt om oorlog te verklaar in die Midde Ooste - dit veroorsaak dat Jasira al hoe meer uitgesonder raak op skool. Sy word uitgeskel as “Towelhead”, “Camel Jockey” en “Sand Nigger”. Intussen sukkel sy ook nog om die buurman se hande van haar af te hou. Ek kan nie dink waarom hierdie film gemaak is nie, dis ‘n oordrewe melodramatiese verhaal oor die ontluikende seksualiteit van ‘n eensame meisie.
Almal.


IMDB
IMDB rating: 6.6
My rating: 6
Peter is ‘n student. As daar ‘n keer bietjie negatiewe kritiek kom van sy professor, gaan hy aan die drank. So beland hy in die bed met sangeres en aktrise, Bogart. Erger nog, die volgende dag nooi sy hom saam na haar ouers toe. hy neem die uitnodiging aan, sonder om te dink, of uit te vra - en so beland hy in Humboldt Country, Noord-Californië. Hier word hy vrwelkom deur ‘n klompie eksentrieke daggakwekers…
Nie vir kinders nie.


IMDB
IMDB rating: 7.2
My rating: 7
Drie dae lank geworstel om deur hierdie enetjie te kom! Australië, kort voor die tweede wêreldoorlog. ‘n Engelse aristokraat (Kidman) erf ‘n boerdery van haar oorlede man. Wanneer die Engelse veebaronne haar grond onder haar uit wil koop, sluit sy haar aan by ‘n veedrywer (Jackman). Saam jaag hulle 1500 beeste oor honderde kilometers. Kyk of jy die res kan raai… JA, hulle raak verlief! Maar sal hulle lank en gelukkig saam leef? Sal hulle? Sug…
Almal.