January 2009



IMDB
IMDB rating: 6.6
My rating: 7
Elke keer as ek dink dat ek nou die ultimate grafiese violence op die skerm gesien het, kom daar weer ‘n film wat die voriges soos comics laat lyk. Dus sommer aan die begin ‘n waarskuwing dat jy moet oppas, die bloed kan op jou spat in hierdie film. Elke dag ry een van die laatnagtreine, totdat daar net genoeg mense in die trein oorbly sodat die reeksmoordenaar Mahogany (Vinnie Jones), die “subway butcher” homself kan uitleef…
Grootmense.


IMDB
IMDB rating: 7.7
My rating: 7
Bill Maher was slim genoeg om ‘n fliek te maak waarmee hy die wêreld vol kon reis! ‘n Dokumentêr oor sy ongeloof en die geloof van soveel mense oor die aarde. As ek die film goed gekyk het, het hy nooit vooraf aan die mense met wie hy onderhoude gevoer het, vertel waaroor die film gaan nie. Hy skok hulle dan tydens sy gesprekke met hulle, wanneer dit ineens bekend word dat hy nie glo nie. Persoonlik het ek baie van die antwoorde van die christene dan ‘n bietjie teleurstellend gevind. Ek het wél die film geniet, omdat dit mens weer bietjie aan jouself laat vra het: waarin glo ek? Waarom? Leon van Nierop het in sy resensie van hierdie film, vreeslik afgegaan oor hoe lasterlik die film is. Ek het dit heel anders ervaar…
Vir almal wat nie bang is om gekonfronteer te word nie.


IMDB
IMDB rating: 7
My rating: 7
James McAvoy (Wesley Gibson) is ‘n administratiewe werker wat aan angsaanvalle lei. Wanneer sy pad kruis met ‘n bende huurmoordenaars, verander sy lewe ineens drasties. Hy besluit om by hulle aan te sluit om geleentheid te kry om die moordenaar van sy pa te kan vermoor. Hoewel mens hierdie fliek kan beskryf as plat, onrealistiese vermaak, het ek dit baie geniet.
Die film is vol grafiese geweld en nie geskik vir kinders nie.


IMDB
IMDB rating: 5.7
My rating: 5
Klaatu (Keanu Reeves) kom aarde toe om aan die mense te vertel hoe sleg dit gaan en hoe naby die wêreld aan sy einde is. Sy doel was dan ook om die aarde te kom red (ook al beteken dit die einde van die mensdom). Dr. Helen Benson (Jennifer Connelly) en haar stiefseun (ja, die kleurbalans moet goed wees in die film - plaas hulle die alien swart gemaak het!) Jacob (Jaden Smith) probeer Klaatu te oortuig om die menslike ras te laat voortbestaan. Ôk maar gelukkig, anders sou jy nie nou hier kon lees nie… Die film is nie regtig mens se tyd werd nie, maar daar word ‘n paar konsepte aangeraak, wat die moeite werd is om oor na te dink…
Nie vir klein kindertjies nie.


IMDB
IMDB rating: 6.7
My rating: 6
‘n Ma en seun herenig, jare na ‘n tragedie hulle uitmekaar gedryf het. Met nog ‘n paar sentimentele familiedrama’s daarby, word hierdie so ‘n tipiese Sissy Spacek fliekie. jy hou daarvan, of jy sal nooit daarvan hou nie.
Almal.


IMDB
IMDB rating: 8.2
My rating: 7
In 1964, in ‘n rooms-katolieke skool in die Bronx, kom suster Aloysius (Meryl Streep) te hore dat die priester Flynn (Philip Seymour Hoffman) moontlik met een van die altar boys lol. Hoewel die bewyse maar flimsy is, staan sy voor die moeilike keuse, of sy stil moet bly, of die gebeurtenis aan die groot klok moet hang.
Almal.


IMDB
IMDB rating: 6.9
My rating: 7
Of jy mal is oor hom, of hom haat, een ding is seker: almal weet wie George Bush is. Hierdie film vertel (nie in diepte nie) die verhaal van Bush, van waar hy opgegroei het, tot ongeveer 2004 (hoekom het hulle daar gestop?). Ek weet nog nie regtig wat die doel van die fliek was nie. Die film is omtrent net so lou, soos dit wat ek hier daaroor kwytraak. Besluit maar self of dit jou tyd werd is.
Almal.


IMDB
IMDB rating: 7.7
My rating: 7
Die nuutste film uit die Disney stal is ‘n bietjie rof vir klein kindertjies… Vir my persoonlik is dit stukke beter as Wall-E en sit daar ook meer van ‘n storie in wat deur jonger kinders geniet kan word. Bolt is ‘n superhond in ‘n TV-reeks, “American Dog”. Maar dan beland hy ineens in New York en is hy skielik al sy superkragte kwyt. Saam met die verwaarloosde huiskat, Mittens, en Rhino, ‘n TV verslaafde hamster in ‘n plastiese bal, moet Bolt sy weg terug na Hollywood vind.
Nie vir die heel kleintjies nie.


IMDB
IMDB rating: 7.1
My rating: 7
‘n Rare verhaal oor twee jonge verliefdes, op pad na die Niagara waterval, vir hulle wittebrood. Hulle weet altwee dat hulle enorm verskil, maar Camille (Sienna Miller) dink dat die liefde alles oorwin. Terwyl haar nuwe man (James Franco) haar net wil gebruik.
Grootmense.


IMDB
IMDB rating: 8.6
My rating: 7
Die verhaal van Randy “The Ram” Robinson, ‘n beroemde professionele stoeier uit die jare 80. Nou, twintig jaar later, het hy maar ‘n handjie vol fans oor. Hy het moeite om buite die stoeikryt verhoudings met mense aan te knoop. Hy praat al jare nie met sy dogter nie en gaan na die stripclub vir geselskap. Wanneer hy probleme kry met sy hart word hy gedwing om te kies tussen sy gesondheid en ‘n laaste geveg teen ‘n ou rivaal… Miskien wel die beste rol wat Mickey Rourke nog gespeel het - skitterend.
Grootmense.

Next Page »