December 2008



IMDB
IMDB rating: 8.3
My rating: 7
Die film vertel die verhaal van Harvey Milk (Sean Penn). Harvey Milk was die eerste homoseksuele stadsraadslid van San Francicso en was een van die eerste aktiviste vir gelyke regte. In hierdie tyd leer Milk onder andere die aktiviste Cleve Jones (Emile Hirsch) en Scott Smith (James Franco) ken, waarmee hy verskillende mooi, maar ook dramatiese momente beleef.
Almal.


IMDB
IMDB rating: 6.3
My rating: 7
Skeeter Bronson (Adam Sandler) lees elke aand aan die kinders van sy sussie, verhaaltjies voor. Maar op ‘n dag gebeur daar iets vreemds, sy verhale begin waar word…
Almal.


IMDB
IMDB rating: 5.2
My rating: 5
‘n Jong man kom na ‘n paar jaar terug na ‘n klein dorpie om te bewys dat hy nie ‘n moordenaar is, soos wat die dorpie gedink het nie. bietjie boring fliekie.
Almal.


IMDB
IMDB rating: 7.4
My rating: 6
‘n Seuntjie se obsessie met ‘n “monster” in die kas, is besig om sy Ma moedeloos te maak. Tot sy op ‘n dag self in die kas kyk. (Kort fliekie)
Bietjie scary vir die kleintjies.


IMDB
IMDB rating: 7.6
My rating: 6
‘n Kort film oor iemand wat kopieë van homself maak.
Almal.


IMDB
IMDB rating: 6
My rating: 7
Na ‘n vliegtuigongeluk word Claire Summers (Anne Hathaway) aangewys om die vyf oorlewendes te begelei. Sommige van hulle beweer dat die ongeluk veroorsaak is deur ‘n ontploffing, maar de lugredery ontken dit. Een van de oorlewendes is Eric (Patrick Wilson), Claire ontdek dat sy spesiale gevoelens vir hem het. Maar sodra hulle professionele verhouding in ‘n romanse oorgaan, verdwyn die orige oorlewendes en besef Claire dat Eric haar laaste hoop is.
Almal.


IMDB
IMDB rating: 7.6
My rating: 7
Om sy skuldgevoelens te vertroos, besluit Ben (Will Smith) om sewe verskillende en onbekende mense se lewens te verander. Hy begin onder andere kontak te soek met Emily (Rosario Dawson), wat ‘n hartkwaal het en met Ezra (Woody Harrelson), ‘n blinde vleisverkoper/pianis. Maar ook nog andere wat net soos Emily en Ezra in moeilike situasies verkeer. Maar wat is Ben se plan, hoe wil hy hierdie mense help?
Almal.


IMDB
IMDB rating: 6.9
My rating: 6
‘n Filmprodusent, Charlie Berns (William H. Macy), besluit noodgedwonge om ‘n script van sy neef te verfilm, oor die Britse staatsman Benjamin Disraeli. Maar om die finansiering te kry, moet hy ‘n bekende akteur kry vir die hoofrol. Die fliek bereik nie regtig super hoogtepunte nie…
Almal.

Ons is terug…

Luister nóú:

As jy die potgooi wil download op jou hardeskyf, kliek hier regs en kies “save target as…”


IMDB
IMDB rating: 8.3
My rating: 8
Clint Eastwood speel Walt Kowalski, ‘n rassistiese oorlogsveteraan, wat op ‘n aand sy buurseun betrap, terwyl hy probeer om Walt se ‘Gran Torino’ uit 1972, te steel. Kowalski neem dit op homself om hierdie seun te omvorm. ‘n Aanbeveler!
Almal.

Next Page »