November 2008



IMDB
IMDB rating: 6.7
My rating: 8
Simon en Mack, is twee manne uit twee verskillende wêrelde, wat mekaar een aand agv onvoorsiene omstandighede ontmoet. Tesame bespreek hulle die wêreld en hoe verkeerd alles deesdae gaan. Simon beveel aan dat Mack ‘n keer na die Grand Canyon moet gaan, ‘n simbool van rus en vrede…
Almal.


IMDB
IMDB rating: 5.9
My rating: 7
Nou ja, ek moet seker maar erken, ek is ‘n sucker vir “Saw”! Ek het twee films gelede al gesê dat dit moet stop, maar met elke nuwe Saw film, kan ek dit nie gou genoeg sien nie. Ook die nuutste (vyfde) Saw film het my verseker nie teleurgestel nie. Genoeg gore, genoeg vernuftige raaiseltjies en valletjies waaruit mense hulleself moet bevry…
Alleen vir mense met sterk mae.


IMDB
IMDB rating: 7.6
My rating: 8
Osbourne Cox was ‘n CIA-agent. As hy ontslaan word, begin hy om sy memoires op te skryf. Sy vrou kom op die digitale weergawe daarvan af, maar omdat sy dink dat dit sy finansiële state is, besluit sy om dit te steel, sodat sy rekord daarvan het, as hulle sou skei. Wanneer sy by die gym gaan oefen, val die CD egter uit haar sportsak. As die medewerkers van die gym op die CD afkom, dink hulle dat dit gevoelige CIA informasie is, so besluit hulle om dit terug te “verkoop”. As die CIA nie wil byt nie, gaan hulle na die Russiese Ambassade… ‘n Skreeusnaakse komedie en ‘n moet sien film vir alle fans van Ethan Coen en Joel Coen.
Almal.


IMDB
IMDB rating: 7.2
My rating: 6
‘n Kamelperd, ‘n leeu, ‘n seekoei en ‘n zebra verlaat die eiland Madagaskar, maar die vliegtuig stort in Afrika neer. Hier ontmoet Alex, die leeu, sy familie, maar hy’t nou al bietjie die wildheid van die wildernes vergeet, in die dieretuin in New York.
Almal.


IMDB
IMDB rating: 6.2
My rating: 7
‘n Ou word groot tussen die ape. op ‘n dag vang hulle hom. Die wetenskapper, Nathan, doen alles in sy vermoë om die aap-mens te kultiveer en beskaafd te maak. Terselftertyd wil die vriendin van die wetenskapper alles doen om die aap-mens terug te sit in die wild, omdat hy ‘n vryheid besit wat by ander mense al verdwyn het…
Almal.


IMDB
IMDB rating: 7.2
My rating: 6
Hierdie is een van daai fliekies wat mens nou al tot vervelens toe gesien het. ‘n Ou brommerige kunstenaar woon op ‘n klein dorpie. ‘n Nuwe aspirant kunstenaar, kom klop by sy deur aan en vra of hy hom sal help om ‘n behoorlike skilder te word. Die oue sê hy moet weggaan, hy’t nie lus daarvoor nie. Die jonge daag op met ‘n klomp skilderye. Die oue se dis rommel. Die jonge bars byna in trane uit. Die oue kry hom jammer en neem hom onder sy vlerk. Die oue leer die jonge. Sniff sniff, almal bewoë… Fluit fluit…
Almal.


IMDB
IMDB rating: 5.7
My rating: 6
Shelly (Anna Faris), een van die Playboy bunnies, word skielik uit die mansion geskop en beland op die kampus van ‘n universiteit. Die hele universiteit word beheer deur een van die huise, waar al die arrogante meisies en hull mamma’s die septers swaai. Shelly besluit om te help by die Zeta’s ‘n klomp nerds, wat op die punt staan om hulle huis te verloor.
Almal.


IMDB
IMDB rating: 7.3
My rating: 7
By ‘n skietery by die skool kom nege leerlinge om en een, Deanna, word gewond. Die speurder, Van Zandt (Garber) het die opdrag om die skuldige te soek. Die hoofverdagte is Alicia. Die polisie dwing haar om op besoek te gaan by Deanna. In die hospitaal ontwikkel ‘n spesiale band tussen die twee meisies.
Te bloederig vir die kinders.


IMDB
IMDB rating: 7.6
My rating: 6
Ek het met groot plesier geluister na die boeke van Alexander McCall Smith, oor mma Ramotswe wat met haar “little white van” die paaie van Botswana plat ry om al die boewe te vang en al die misterieuse raaisels in mense se lewens op te los. Ek was dan ook verheug toe dit op film uitkom. Met die erfenis van haar pa begin Precious Ramotswe (Jill Scott) haar eie besigheid. Die eerste speurderbedryf deur en vir vroue. Die film is egter, soos altyd, nie so goed soos die boek nie, maar is wél kykbaar. Dit was ook nie regtig ‘n film nie, maar ‘n pilot vir ‘n reeks oor mma Ramotswe, wat binnekort deur die BBC gemaak gaan word.
Almal.


IMDB
IMDB rating: 4.8
My rating: 6
Êrens aan die Ierse kus, tref ‘n klein komeetjie die aarde. Wanneer wetenskappers begin ondersoek waarom hulle niks sien aankom het nie, kom hulle met ‘n skok agter dat daar ‘n ander, reusagtige komeet op pad is aarde toe en dat hy oor ‘n jaar die aarde gaan tref. In Amerika. Nou wag die taak vir die mensdom om al die miljoene mense te ontruim. ‘n TV fliekie. Mens kan dit sien…
Almal.

Next Page »