September 2008



IMDB
IMDB rating: 7.4
My rating: 7
Jesse Aaron raak bevriend met die nuwe buurmeisie, Leslie Burke. Saam gaan hulle in hulle verbeelding op reis na Terabithia, wat eintlik sommer hier onder hulle neuse lê, maar wat hulle nog nooit gesien het nie… ‘n Kinderfliek, maar die moeite werd om te kyk.
Almal.


IMDB
IMDB rating: 8.3
My rating: 7
Na jare in die tronk, word Jack (Andrew Garfield) weer vrygelaat. Hy was opgesluit, omdat hy in sy jeug ‘n moord gepleeg het. Die woord versprei egter vinnig dat hy losgelaat is en dan begin sy verlede hom weer inhaal.
Almal.


IMDB
IMDB rating: 7.3
My rating: 7
Hank en Mike is twee paashase wat in die nag by mense se huise inbreek om paaseiers vir die kinders weg te steek. As hulle egter ‘n keer vergeet om by die een huis te gaan eiers wegsteek, word hulle ontslaan - en wat doen mens as jy ‘n paashaas is sonder werk…? Oulike film!
Nie vir kinders nie, want daar’s boobs te sien.


IMDB
IMDB rating: 7.5
My rating: 7
As dr. Bruce Banner (Edward Norton) ‘n bietjie te opgewonde raak, spring sy alter-ego uit die kas - The Hulk. ‘n Groot film met groot akteurs. Vir my persoonlik was hierdie weer een van die betere action hero flieks van die laaste tyd. Moeite werd om te kyk, anders as Iron Man…
Nie vir té klein kindertjies nie.


IMDB
IMDB rating: 8.3
My rating: 7
´n Dokumentêre film oor die einde van die aarde, oftewel die suidpool.
Almal.


IMDB
IMDB rating: 7
My rating: 6
Kort na die dood van sy moeder, steel tiener Mercer (Lou Taylor Pucci) ´n kar en gaan hy op reis na sy halfbroer in Mexico, wat hy jare lank nie gesien het nie. Daar´s egter ´n selfoon ook in die kar en dit duur nie lank voordat die eienares van die kar na haar eie selfoon toe bel nie. So ontwikkel daar ´n hegte vriendskap tussen die twee.
Almal.


IMDB
IMDB rating: 7.2
My rating: 7
As sy broer Irak toe moet gaan om te gaan veg in Bush se oorlog, gaan Salman (Scott Prendergast) by sy skoonsus (Lisa Kudrow) intrek om met die kinders te help. Maar, as sy skoonsus nie tevrede is met die manier waarop hy dit doen nie, word hy gedwing om te help geld verdien deur as mascot te werk vir ´n besigheid wat kantore uithuur. ´n Baie oulike fliek.
Almal.


IMDB
IMDB rating: 6.2
My rating: 5
Fox Mulder en Dana Scully is terug om te kyk of hulle nog bietjie geld kan pers uit die geharde X-Files ondersteuners. Ek het dit maar ‘n flouerige fliekie gevind, maar dit kan aan my lê…
Almal.