
IMDB
IMDB rating: 7.4
My rating: 6
Morrie is deur die dood van sy ouers gedwing om sy jonger boetie en sussie groot te maak. ook as hulle volwasse is (veronderstel om te wees), is hulle sy verantwoordelikheid. Die fliekie bereik nie hoë hoogtepunte of lae dieptepunte nie. Dis jammer.
Almal.
July 2008
Thu 31 Jul 2008
Wed 30 Jul 2008

IMDB
IMDB rating: 8
My rating: 8
Brandi (Mena Suvari) ry een aand terug van die club, vol met alkohol en dwelms. Tom (Stephen Rea) loop oor die straat, sonder om te kyk of daar ‘n kar aankom. Wanneer die kar hom tref, vlieg hy halflyf deur die voorruit en daar sit hy vas. Gebasseer op ‘n ware verhaal. ‘n Aanbeveler vir mense wat pyn kan hanteer.
Bloed - Grootmense.
Tue 29 Jul 2008

IMDB
IMDB rating: 6.7
My rating: 6
Daniel Dunne is ‘n geskiedenisonderwyser in ‘n arm, swart buurt in Brooklyn. Op ‘n dag vang Drey hom uit as hy besig is om crack te rook in die badkamers by die skool. ‘n Lang vervelige fliek oor die vriendskap tussen die twee.
Dwelmgebruik - grootmense.
Mon 28 Jul 2008

IMDB
IMDB rating: 5.6
My rating: 6
Wanneer die huurmoordenaar Frank Carden vervoer word van die hospitaal na die tronk, help sy manne dat hulle in ‘n ongeluk beland en in die water tereg kom. Hier kry hy dit reg om die begeleider te oorrompel en wend hy ‘n poging aan om te ontsnap. Ray Keene en sy seun Chris, is besig om in dieselfde bos te kampeer. Hulle is vasbeslote om Frank aan die reg oor te lewer.
Nie vir klein kindertjies nie.
Sun 27 Jul 2008

IMDB
IMDB rating: 6.8
My rating: 7
Die film gaan presies oor wat die naam sê. ‘n Stuk of vyf paartjies het seks, met al die probleme en plesier wat daarmee saamgaan.
Grootmense. Wat het jý gedink?
Fri 25 Jul 2008

IMDB
IMDB rating: 6.1
My rating: 6
Kate (Tina Fey) is ‘n suksesvolle sakevrou, wat nog altyd gekies het vir haar werk, bo haar privaatlewe. Wanneer sy dan besluit dat dit tog tyd is vir ‘n kind, kom sy agter dat haar kanse eintlik baie klein is om swanger te raak. Dan gaan sy op soek na iemand om vir haar die kind te dra.
Almal.
Thu 24 Jul 2008

IMDB
IMDB rating: 6.7
My rating: 7
Wanneer Shirley, wat nog op hoërskool is, een aand bietjie vêr gaan met die pa van die kinders wie sy opgepas het, en nog geld kry daarvoor, kry sy ‘n idee. Soos wafferse madame kry sy ‘n paar meisies wat graag ekstra geld wil verdien, bymekaar…
Grootmense.
Wed 23 Jul 2008

IMDB
IMDB rating: 7.1
My rating: 7
New York, 1988. Bobby Green bestuur ‘n nagklub in Brooklyn. Sy broer, Joseph is ‘n polisieman. Wanneer daar ‘n oorlog uitbreek tussen dwelmbendes en die polisie, raak dit vir die twee broers ‘n bietjie persoonlik. Tyd vir Bobby om ‘n keuse te maak. Dis nie ‘n slegte film nie.
Nie regtig vir kinders nie.
Tue 22 Jul 2008

IMDB
IMDB rating: 7.9
My rating: 7
Nadat ‘n Afghaanse taxidrywer in 2002 dood is, op die Amerikaanse basis Bagram, wys ondersioek uit dat hy dood gemartel is deur die Amerikaanse soldate. Hierdie dokumentêre film ondersoek die martelmetodes van die Amerikaners in basisse soos Guantanamo Bay en Abu Ghraib.
Grootmense.
Mon 21 Jul 2008

IMDB
IMDB rating: 6.7
My rating: 7
Professor Lawrence Wetherhold is ‘n genie, maar sy menseverhoudings is iets minder. Wanneer hy een aand oor ‘n heining klim, val hy en agv sy beserings, mag hy ‘n tyd lank nie kar bestuur nie. Sy aangenome broer bied aan om hom rond te ry. So kry sy ambisieuse dogter kry ‘n nuwe vriend. Om alles te kroon, herontmoet hy een van sy voormalige studente, nou hoof van die noodgevalle afdeling.
Almal.
