June 2008



IMDB
IMDB rating: 8.1
My rating: 8
Twee huurmoordenaars is op pause in Brugge. of is hulle daar om ‘n opdrag uit te voer. tydens hulle verblyf in Brugge, doen hulle nie alleen sightseeing nie, een van hulle word verlief op ‘n meisie wie se ex hom probeer te roof… En dan lui die telefoon en kom die opdrag binne… ‘n Briljante film, vol skreeusnaakse, maar ook diep treurige momente. Aanrader!
Grootmense.

‘n Onderhoud met Leonard cohen, so drie weke gelede…




Leonard Cohen Live from Macleans Magazine on Vimeo.


IMDB
IMDB rating: 6.3
My rating: 7
Pemon Dupuis is mentaal gestremd. As hy aangekla word van dieremishandeling, spring sy broer in om hom te help. Mooi film.
Almal.

Ek is slaaploos, nou gesels ek maar bietjie twak…

Luister nóú:

As jy die potgooi wil download op jou hardeskyf, kliek hier regs en kies “save target as…”


IMDB
IMDB rating: Awaiting 5 votes.
My rating: 4
Twintig jaar nadat Sean McIntyre sy hele familie uitgemoor het, besluit ‘n paar studente om ‘n halloweennag in die huis deur te bring. Die hele gedoente word live uitgesaai op internet.
Nie vir kinders nie.


IMDB
IMDB rating: 6.2
My rating: 6
As die 11-jarige Tara se ma haar alleen agterlaat, trek sy saam met haar oom rond. Maar sy lewe is ook nie maanskyn en rose nie. ‘n tragiese fliekie oor tragiese mense. Die enigste rede om dit te kyk is onse liewe Charlize Theron.
Nie vir klein kinders nie.


IMDB
IMDB rating: 6.9
My rating: 6
Abigail wil haar verloofde se trou toets. Sy vra aan een van haar kollega’s, Alice, om hom te “verlei”. Maar dan verdwyn die man…
Nie vir kinders nie.


IMDB
IMDB rating: 4.9
My rating: 6
Die ware verhaal van ‘n reeksmoordenaar, Raising Jeffrey Dahmer, wat jarelang sy gang gegaan het. Die film vertel die verhaal van hoe hy gevang is en gevonnis is, uit die oogpunt van sy ouers. Ek dink dit sou ‘n beter film gewees het, as die film uit sý oogpunt afgespeel het.
Nie vir klein kinders nie.


IMDB
IMDB rating: 6.9
My rating: 6
Stanley Phillips (John Cusack) se vrou kom om in die oorlog in Irak. Hy probeer dit makliker te maak om die nuus aan sy dogters te vertel, deur hulle op ‘n reis te neem, maar dit word net moeiliker. Die fliek is te lank en te langdradig en mens kry nooit regtig meegevoel met enige van die karakters nie. Jammer, want die idee was wel goed.
Almal.


IMDB
IMDB rating: 6
My rating: 6
Een aand in ‘n kroeg gesels ‘n groep studente oor die begeerte waarmee byna almal rondloop, naamlik om iemand te vermoor. Hulle besluit om onder mekaar te kyk wie die perfekte moord kan pleeg, oftewel ‘n moord waar die pataloë nie kan agterhaal hoe die slagoffer vermoor is nie. Die tklink alles baie goed en die fliek lyk ook asof dit goed moet wees, ook terwyl mens dit kyk, maar tog mis die film daardie ietsie, wat maak dat dit eintlik niks meer as ‘n gemiddelde fliek bly nie.
Nie vir kinders nie.

Next Page »