May 2008



IMDB
IMDB rating: 6.5
My rating: 5
Een van die gewildste satiriese koerante van Amerika tref die silwerdoek met hierdie politieke komedie wat ondersoek wanneer journalistieke integriteit in opspraak gebring word deur kollektiewe gevoeligheid. dit sal seker ‘n gehoor hê, maar ek’s nie ‘n fan nie.
Almal.


IMDB
IMDB rating: 5.2
My rating: 5
Tess en Ben Finnagan is getroud met mekaar en jag saam skatte. As hulle jare lank niks gevind het nie, is die bankrekening leeg en soos meestal gebeur, loop hulle liefde vir mekaar ook leeg. As hulle op die punt staan om te skei, kry hulle egter ‘n snuf in die neus van ‘n groot skat…
Almal.


IMDB
IMDB rating: 5.9
My rating: 6
‘n Dokumentêre fliekie oor die kommersialisering van kersfees. Reverend Billy (Bill Talen) en sy volgelinge probeer die amerikaanse volk oortuig om minder te koop. Dis nie ‘n briljante film nie, maar dit laat mens tog bietjie nadink.
Almal.


IMDB
IMDB rating: 5.7
My rating: 6
Kort voor sy aftrede, lei FBI-agent Erroll Babbage (Richard Gere) sy opvolger, Allison Lowry (Claire Danes), op in die fyner kunsies van omgaan met seksoortreders. Saam gaan hulle op soek na ‘n vermiste meisie. Hierdie fliek mis iets…
Grootmense.


IMDB
IMDB rating: 7.5
My rating: 7
Die skatryke student Charlie Bartlett (Anton Yelchin) pas nie regtig in sy nuwe skool nie. Maar op ‘n dag ontwikkel hy homself tot die lokale sielkundige van sy skool. En om alles te kroon, raak hy verlief op die skoolhoof se dogter! Oulike fliek!
Almal.


IMDB
IMDB rating: 7.4
My rating: 6
Kort voor die milleniumwisseling word dit bekend dat die wêreld gaan vergaan. Die film volg ‘n paar mense en laat sien hoe hulle hulle laaste ure deurbring. ‘n Goeie fliek wat mens nogal aan die dink sit. Dink dit sou meer impak hê as mens dit voor 2000 gesien het.
Nie vir kinders nie.


IMDB
IMDB rating: 5.5
My rating: 6
As ‘n dwelmhandelaar (Angus Macfadyen) vir die soveelste keer sy vriendinnetjie (Milla Jovovich) mishandel, besluit sy om wraak te neem deur haar vriende te vra om hom te vermoor.
Grootmense.


IMDB
IMDB rating: 6.4
My rating: 7
‘n Verrassende fliek, waarin ons in tien stappe geleer word hoe om ‘n bank te beroof. Kyk dit!
Groter mense.


IMDB
IMDB rating: 4.9
My rating: 6
D’Leh, ‘n 21-jaar oue jong man, leef in ‘n primitiewe stam 10.000 jaar voor Christus. Hulle oorleef deur te jag op mammoete wat eenkeer per jaar deur hulle gebied trek. D’Leh droom heimlik van prinses Evolet, maar sy is vêr buite sy bereik. Maar wanneer die jagters van die stam en die prinses gevange geneem word, besef D’Leh dat dit tyd is vir hom om in aksie te kom, voordat sy stam uitsterf. Hierdie film het sulke slegte resensies gekry, dat ek nie veel verwag het hiervan nie, tog was ek verras hierdeur - maar ‘n briljante film is dit ook nie…
Almal.


IMDB
IMDB rating: 6.3
My rating: 7
Aan die befaamde universiteit van Oxford word ‘n student (Elijah Wood) en ‘n hoogleraar (John Hurt) gedwing om saam te werk, om ‘n reeks moorde op te los. Die moorde word elke keer gekenmerk deur wiskundige tekens wat moontlik na die dader kan lei.
Nie vir kinders nie.

Next Page »