
IMDB
IMDB rating: 6.3
My rating: 7
Dawn (Jess Weixler) besluit om ‘n maagd te bly, tot sy trou. Sy propageer haar doelstelling en hou praatjies om ander kinders te oortuig om weg te bly van die daad. Op ‘n dag word sy egter verkrag deur een van haar katoolse skoolvriende en dan kom sy agter dat sy tande in haar koekie het… ‘n Lagwekkende angsaanjagende film. Ek weet nie waarom die film gemaak is nie, maar ek voel tog dat dit nie verval het in die simpel komedie, wat so maklik kon gebeur het nie.
Nie vir kinders nie.
April 2008
Wed 30 Apr 2008
Wed 30 Apr 2008

IMDB
IMDB rating: 7
My rating: 7
‘n Vreemde uitsending op televisie veroorsaak dat amper alle mense in moordenaars verander. As jy nie van bloed hou nie, is hierdie verseker nie vir jou bedoel nie. Ek sal bly wees as iemand kan vertel waarom die begin van die film relevant sou moet wees…
Grootmense.
Wed 30 Apr 2008

IMDB
IMDB rating: 5.9
My rating: 6
‘n Musiekskrywer kry te hore dat hy waardeloos is, maar dan ontmoet hy gelukkig drie chipmunks, wat kan praat - en ja sing ook! Hy skryf vir hulle ‘n nommertjie en raak oornag ‘n ster. Maar oppas, die platemaatskappy kan jy nie vertrou nie.
Net vir kinders.
Tue 29 Apr 2008

IMDB
IMDB rating: 6.9
My rating: 7
Stan Aubray ondersoek ‘n aantal moordsake, wat baie lyk soos die handewerk van ‘n skurk uit sy verlede. Die film het dieselfde donker gevoel as “Seven”, maar is nie naastenby so goed nie. Die openingstitels is opvallend goed gedoen.
Grootmense.
Mon 28 Apr 2008

IMDB
IMDB rating: 7.9
My rating: 7
Die ware verhaal van ‘n moordenaar wat in die laat 60’s, vroeë 70’s willekeurige moorde gepleeg het in San Francisco. Hy stuur vreemde raaisels en aanwysings per brief aan die polisie en koerante - en hy word nooit gevang nie. Aanraaiertjie!
Nie vir kinders nie.
Sun 27 Apr 2008
National Treasure: Book of Secrets (2007)
Geplaas deur potgooi onder Machiel se FilmblogLewer gerus kommentaar

IMDB
IMDB rating: 6.7
My rating: 6
Vir die mense wat nie genoeg gekry het van die skattejag van die eerste een nie (ek is self ook een), is hier nog ‘n aflewering van National Treasure. Ongelukkig stel dit bietjie teleur, vergelyk met die eerste een…
Almal.
Sat 26 Apr 2008

IMDB
IMDB rating: 6.2
My rating: 7
Hy is verslaaf aan seks met prostitute. Omdat hy te eerlik is, kan hy dit nie wegsteek aan sy vriendinne nie en dit lei tot die nodige frustrasie binne sy verhoudings. Hy gaan soek hulp by Sex Addicts Anonymous. Die fliek is baie oulik inmekaar gesit en dit lyk byna soos ‘n dokumentêr.
Nie vir klein kindertjies nie.
Fri 25 Apr 2008

IMDB
IMDB rating: 7.2
My rating: 7
Die seriemoordenaar, “The tooth fairy” vermoor hele gisinne. Teen sy wil, word afgetrede Will Graham by die FBI betrek om te help soek na hierdie moordenaar. Hy gaan soek hulp by Dr. Hannibal Lecktor, ‘n psigopaat wat deur homself agter tralies sit. Klink bekend? Ja hierdie is die voorloper van Silence of the lambs…
Natuurlik nie vir klein kindertjies nie.
Thu 24 Apr 2008

IMDB
IMDB rating: 5.8
My rating: 7
Wanneer een van hulle se Ma dodelik siek is en daar nie geld is om te betaal vir haar operasie nie, besluit vier vriende om die bank te gaan beroof. ‘n Lekker kykfliek met genoeg spanning en twists, maar ook lekkerkry, om in ‘n wye smaak te val.
Nie vir klein kindertjies nie.
Wed 23 Apr 2008

IMDB
IMDB rating: 7.3
My rating: 7
Die polisieman Tom Ludlow doen dinge soms soos hy wil en nie soos die wet voorskryf nie. Maar hy’s nie die enigste een in die polisiemag wat nie alles volgens die wet doen nie.
Grootmense.
