March 2008



IMDB
IMDB rating: 7.8
My rating: 8
Chris Wilton is ‘n tennisafrigter. Dan ontmoet hy die sussie van een van sy leerlinge. Haar skatryk ouers aanvaar hom sommer dadelik, maar dan is daar ‘n slang in die gras. Chris hou heimlik meer van sy aanstaande skoonsuster, as van sy vrou. Ek bly ‘n Woody Allen fan - ook hierdie fliek stel nie teleur nie.
Almal.


IMDB
IMDB rating: 7.8
My rating: 7
‘n Kameraploeg maak ‘n realiteitsprogram, waar hulle die brandweer volg. op die aand word die brandweer gebel om ‘n ou vrou wat in haar woonstel vassit, te kom help. Maar dit is toe nie so ‘n roetinetakie, soos hulle aanvanklik gedink het nie! Scary stuff!
Nie vir kinders nie.


IMDB
IMDB rating: 4.2
My rating: 6
Hy gebruik sy dronkenskap as verskoning, hoekom hy sy vrou geslaan het. Na hulle skeiding raak hy, naast drank, ook nog deurmekaar met ‘n prostituut en dwelms. Wanneer hy regtig op ‘n dieptepunt is, ontdek hy iets oor homself.
Grootmense.


IMDB
IMDB rating: 8
My rating: 7
Die ware verhaal van Richard Pimentel, ‘n Vietnam veteraan. Nadat hy met ernstige gehoorskade terugkeer - en dan sukkel om toelating by die universiteit te kry en moet lieg om ‘n werk te kry, besluit hy om gestremde mense te help om werk te kry. Soms ‘n swaar, neerhalende fliek, maar die moeite werd om te kyk.
Almal.


IMDB
IMDB rating: 6.1
My rating: 6
Elliott is ‘n takbok en Boog is ‘n beer. Die twee probeer saam oorleef in die bos, waar die jagseisoen aan die gang is. Gemiddelde tekenfilm.
Almal.


IMDB
IMDB rating: 7.6
My rating: 8
Bridgton word eers deur ‘n heweige storm getref. As die storm bedaar, verskyn daar ‘n miswolk en voor hulle dit weet, is die hele dorpie in mis gehuld. David Drayton ( Thomas Jane) en sy seuntjie word saam met ‘n klomp dorpsbewoners in ‘n supermark vasge”mis”, terwyl hulle inkopies doen. Maar dit duur nie lank voordat die mense besef dat daar vreemde weses in die mis rondloop nie, dit word dan ook vinnig ‘n stryd om oorlewing. Die film is gebasseer op ‘n verhaal van Steven King. Ek het die swart en wit weergawe gesien en beveel dit ten sterkste aan.
Nie vir kinders nie.



Hier kan jy die film (in Nederlands) sien.
Daar is ook ‘n Engelse weergawe van die film hier beskikbaar.

Eindelik! Die film van Geert Wilders, genaamd FITNA is vanaand om 19:00 (Nederlandse tyd) op internet beskikbaar gemaak. Geert Wilders wil deur hierdie film die donker kant van die Islam laat sien. Die film is bietjie langer as ‘n kwartier. Daar is ongelukkig maar weinig nuwe beelde in die film, dit is eintlik niks meer as ‘n sameflansing van argiefmateriaal nie. Die aanvanklike vrees (en opwinding!) oor die omstredenheid van hierdie film, het geëindig in teleurstelling. Eerste reaksies binne Nederland was gematig. Niemand kan regtig iets omstrede vind in die film nie. ook uit die buiteland reageer moslems en nie-moslems gematig oor die film. Ek vra myself af waarom ek so graag eerder ‘n omstrede fliek sou wou sien? Miskien oor die maandelange hype wat om die film gehang het…
Die film bevat beelde wat sensitiewe kykers kan ontstel.

Wie is Geert Wilders?


IMDB
IMDB rating: 7.6
My rating: 7
As gevolg van ‘n vloek op haar familie word Penelope met ‘n varkneus gebore. Al die manne hardloop weg as hulle haar sien, maar sy moet ‘n bloubloed jonge kry, anders gaan sy vir altyd met die neus sit! ‘n Lekker fantasiefilm, wat veral gewild sal wees by tienermeisies.
Almal.


IMDB
IMDB rating: 4.9
My rating: 6
‘n jong, ryk outjie, gaan op sy 25ste verjaarsdag bietjie uit om te kapperjol, maar raak dan met verkeerde vriendjies deurmekaar.
Nie vir kinders nie.


IMDB
IMDB rating: 5.7
My rating: 6
‘n Lang (160 minute) vervelige verhaal oor chemiese oorlog, gemik op, raai… Amerika.
Almal.

Next Page »