February 2008



IMDB
IMDB rating: 7
My rating: 4
‘n Absolute mors van tyd.
Almal.


IMDB
IMDB rating: 7.3
My rating: 8
Twee jong musikante ontmoet mekaar een aand laat in New York. Na ‘n baie kort romans, gaan hulle uitmekaar, sy swanger. Deur omstandighede beland die kind in ‘n weeshuis. Op ‘n dag besluit die kind dat hy genoeg gehad het van die weeshuis en gaan hy op soek na sy ouers. Hy hoop om hulle deur sy musiek te kan opspoor. Dit is ‘n baie ontroerende fliek, baie mooi, maar die wonderlike musikale talent van die jong seun is bietjie te verregaande.
Almal.


IMDB
IMDB rating: 7.7
My rating: 8
‘n Liedfdesverhaal. Jude gaan uit Engeland na Amerika om sy Pa op te soek. Daar raak hy verlief op Lucy. Alles speel af in die sestigerjare, met die Vietnam oorlog in die agtergrond. Die film is opgebou uit musiek van die Beatles. Fantasties, al is jy nie ‘n Beatles fan nie.
Nie regtig vir kinders nie.


IMDB
IMDB rating: 5.9
My rating: 7
Wanneer ‘n tiener vir sy vriende vertel van sy planne om selfmoord te pleeg, besluit hulle om almal saam met hom ‘n einde aan hulle lewens te maak. Hulle besluit om met videokamera’s die laaste dag van hulle lewens vas te l6e, om op so ‘n manier ‘n kreet uit te stuur na die wêreld. Die vryheid van die gedagte dat hulle nie die volgende dag die son sou sien opkom nie, is wegter te veel vir sommige van hulle.
Nie vir kinders nie.


IMDB
IMDB rating: 7.6
My rating: 8
‘n Jong Poolse vrou wat haar geluk in die VSA gesoek, word in Mexico ontvoer deur mensehandelaars. Sy beland saam met ‘n 13 jarige meisie in die proses. Die broer van die meisie sien gelukkig waar hulle sy sussie oplaai en agtervolg die ontvoerders tot in Amerika. Hier word hy gelukkig deur ‘n polisieman gehelp om sy sussie terug te kry. ‘n Ontroerende film. Ek dink die statistieke aan die einde van die film is ‘n bietjie oordrewe, maar mensehandel is ‘n misdaad waarvan ‘n mens meestal salig onbvewus is.
Nie vir kinders nie, alhoewel mens hulle sou moet inlig dat daar so iets bestaan.


IMDB
IMDB rating: 5.1
My rating: 6
John Farley skryf ‘n selfhelp boek. Hy’s as kind gepes deur sy LO onnie en wil almal wat in dieselfde bootjie is, help om daaroor te kom. Maar dan ontmoet hy sy Ma se nuwe boyfriend en ja… die LO onnie. Oulike fliek. Nie so simpel soos die meeste van daai soort komedies nie.
Almal.


IMDB
IMDB rating: 7.8
My rating: 4
Die Vietnamveteraan, John Rambo (Onse puffy Sly Stallone) leef in afsondering in Bangkok. Op ‘n dag word hy deur ‘n groep christelijke sendelinge gevra om hulle per boot te vervoer na Birma. Dan word hy weer deur ‘n reddingsmissie gevra om die sendelinge te gaan ophaal. Kleur dit in met BAIE grafiese geweld en jy’t nog ‘n Rambo film. Sal seker by die fans beval, maar, as jy nie ‘n fan is nie, spaar jou geld…
Definitief nie vir kinders nie.


IMDB
IMDB rating: 6.6
My rating: 6
Mason (Joel Moore) is ‘n eensame introvert. op ‘n dag begin ‘n meisie wat saam met hom werk, met hom te gesels en ontwikkel daar ‘n vriendskap tussen hulle. Blyk dat Mason ‘n kunstenaar is en sy vir hom moet posseer… ‘n Bietjie stadige film, maar wel kykbaar.
Almal.


IMDB
IMDB rating: 8.4
My rating: 7
‘n Verhaal, gebaseerd op die eeuoue Chinese gesegde dat die lewe uit vier emosionele hoekstene bestaan, naamlik geluk, genot, verdriet en liefde. ‘n Sakeman (Forest Whitaker) stel sy lewe op die spel in ‘n weddenskap. ‘n Gangster (Brandon Fraser) kan in die toekoms sien, ‘n opkomende popster (Sarah Michelle Gellar) word die prooi van ‘n krimineel (Andy Garcia) en ‘n dokter (Kevin Bacon) moet alles doen wat hy kan om die lewe van sy groot liefde te spaar. En soos ‘n koeksister is hulle almal se lewens om mekaar verbind.
Nie vir klein kinders nie.


IMDB
IMDB rating: 7.1
My rating: 7
Vyf jaar nadat Dennis sy swanger bruid voor die kansel laat staan het, het hy spyt daaroor. Een dag sê hy, sonder dat hy eers nagedink het, dat hy ‘n maraton sou hardloop, vir liefdadigheid, om haar te laat sien hoeveel liefde en uithouvermoeë hy het. Hierdie is nie ‘n Oscarwennaar nie. Dis voorspelbaar en nie regtig iets nuut nie, maar dis tog ‘n lekker film gewees, wat ek geniet het om na te kyk. Straight forward, mens wonder nooit of jy iets misgekyk het nie… Lekker popcorn vermaak. Die film is deur David Schwimmer (Ross van FRIENDS) ge-direct.
Almal.

Next Page »