January 2008



IMDB
IMDB rating: 7.1
My rating: 6
Milo Tindle en Andrew Wyke is altwee verlief op die selfde vrou. Die vrou van Andrew. Andrew wil nie van haar skei nie, omdat dit hom te veel geld gaan kos. Die twee mans speel kat en muis met mekaar om haar te mag wen…
Almal.


IMDB
IMDB rating: 7.1
My rating: 6
Hierdie is nie regtig ‘n fees van liefde nie. Dis eerder ‘n bietjie melancholiese kyk na professor Harry Stevenson (Morgan Freeman), wat as ‘t ware waak oor sy vriendekring. Van ‘n afstand sit hy en kyk hoe die onderlinge verhoudings verander.
Grootmense.


IMDB
IMDB rating: 6.5
My rating: 6
‘n Flouerige fliekie oor drie vriende wie se lewens nie is wat hulle wil Hê dit moet wees nie.
Almal.


IMDB
IMDB rating: 7.1
My rating: 6
Demi Moore besef dat sy nooit verder sal vorder in haar loopbaan nie, dis immers Londen, in die jare 60’s. ‘n Britse dief (Michael Caine) besluit om haar ‘n aanbod te maak wat sy nie kan weier nie…
Almal.


IMDB
IMDB rating: 6.6
My rating: 5
Mary (Marcia Gay Harden) is ‘n skitsofreen. As sy vir haarself en haar familie ‘n gevaar begin word, word sy voor die oë van haar man en kind, deur die polisie opgehaal en in ‘n inrigting geplaas. Om alles te kroon, lyk dit ook nie of die Pa (Joe Pantoliano) al sy varkies op hok het nie. Die seun (Devon Gearhart) begin naaldwerk doen. Hoeveel moet ons as gehoor nog verduur??? Die fliekie het sy share van heartwarming, maar die kotsfaktor was net te groot - miskien was ek net nie in die mood vir al die melodrama nie.
Almal.


IMDB
IMDB rating: 6.8
My rating: 7
‘n Tiener wat hakel, word op ‘n dag, deur die meisie van sy drome, oortuig om by die debatspan aan te sluit. ‘n Oulike fliekie, maar nie prysenswaardig nie.
Almal.


IMDB
IMDB rating: 6.7
My rating: 7
Die mooiste van hierdie rolprent was die begin… Die kamera vlieg oor die see en, wanneer hy begin oplig, verwag mens om die skyline van New York te sien, soos soveel keer van tevore - maar dan sien jy Tafelberg! Eers was dit so half bekend-onbekend, maar gou het mens geweet wat jy sien. Isabella (Reese Witherspoon) se man styg op in Kaapstad, doen aankope op die in-flight duty free, maar as die vliegtuig in Amerika land, is hy spoorloos. Die fliek is bietjie verwarrend aan die begin, maar moenie worrie nie, dit word alles duideliker. Moeite werd om te kyk.
Almal.


IMDB
IMDB rating: 8
My rating: 7
‘The Nines’ word gevorm deur drie klein projekkies. In ‘The Prisoner’ bevind ‘n tv-ster met baie probleme homself onder huisarres, in iemand anders se huis. ‘Reality television’ vorm ‘n kyk agter die skerms van ‘n program, maar is dit slim? As laaste is daar ‘Knowing’ oor ‘n beroemde ontwerper van videospeletjies wat saam met sy gesin op ‘n uitstappie gaan. Wanneer hulle kar se battery pap is, is hulle gestrand in die middel van ‘n bos. Die enigste ooreenkoms tussen die drie fliekkies, is die akteurs. Of is dit die enigste… Ek het die fliek geniet, maar was ook teleurgesteld. Mens kan dit briljant vind, of uiters boring. Hang van jouself af…
Almal.


IMDB
IMDB rating: 8.4
My rating: 8
Juno is ‘n withit tiener wat skielik, nadat sy een aand saam met een van haar klasmaats op die stoel gespring het, gekonfronteerd word met ‘n swangerskap. Saam met haar vriendin, Leah en die behulpsame ouers van Juno, besluit sy om die kind te laat aanneem. Dis ‘n fliekie vol met skreeusnaakse momente en vol knop-in-die-keel momente. Dis een van die mooiste flieks wat ek in ‘n lang tyd gesien het.
Almal.


IMDB
IMDB rating: 5.6
My rating: 3
Ek dink hierdie is de grootste pot snot wat ek in jare gesien het. Kyk dit, maar alleen as jy regtig niks anders het om te doen nie.
Almal.

Next Page »