
IMDB
IMDB rating: 7.7
My rating: 7
Ek was dadelik negatief toe ek hoor dat O-parra ‘n vinger in hierdie film se pie gehad het, maar ek was aangemnaam verras met die fliek. Dis ‘n ware verhaal oor professor Melvin B. Tolson (Denzel Washington), wat in 1935 vir die eerste keer ooit dit reggekry het om, met ‘n groep swart studente in debat te gaan met hulle blanke eweknieë. Met sy spannetjie praat hy die land aan die brand, van Texas tot in Harvard.
Almal.
December 2007
Sun 30 Dec 2007
Sat 29 Dec 2007

IMDB
IMDB rating: 7.9
My rating: 6
‘n Jong prinses leef in ‘n perfekte animasiewêreld. Op haar troudag word sy egter deur ‘n bose heks om die bos gelei en beland sy in die werklikheid. New York is nie vir sissies nie, maar hierdie is ‘n Disneyfliek, so, al gou beland sy in die hero se woonstel. Terwyl haar droomprins na haar soek, raak ons hero al hoe meer verliefd. Wanneer die prins egter in die werklikheid land, tesame met sy bose bose Ma, begin die vonke vlieg. ‘n Qute fliekie vir tienermeisies.
Almal.
Fri 28 Dec 2007

IMDB
IMDB rating: 6.7
My rating: 6
Ray Cook se lewe is eintlik bietjie vermors, hoewel hy meer kanse gehad het, as die gemiddelde mens. Hy is geskei, sy baseballdae is verby en hy grens aan alkoholisme. Wanneer hy uitgenooi word na sy skoolreünie besluit hy om ‘n vreemde saam te wat, wat moet voorgee om sy seun te wees. Hierdie is nie ‘n slegte fliek nie, maar die tempo was net ‘n tikkie té stadig.
Almal.
Thu 27 Dec 2007

IMDB
IMDB rating: 7.1
My rating: 7
Marion is ‘n Franse fotograaf en Jack is ‘n Amerikaanse binnehuisversierder. Hulle woon saam in New York. Om hulle verhouding op te pep, gaan hulle op vakansie in Italië, dit gaan nie so goed nie, maar op hulle pad terug gaan hulle vir twee dae na die ouers van Marion in Parys. Miskien is Parys, die romantiese stad, net die ding vir hulle. Maar Parys lyk of dit bestaan uit eks minaars van Marion. ‘n Oulike fliekie, maar net bedoeld vir mense wat graag sit en luister in die bioskoop. Jack het my bietjie geïrreteer met sy alewige siektes (of vrees daarvoor) en marion was net by tye vir my bietjie té gek om te sluk…
Almal.
Wed 26 Dec 2007

IMDB
IMDB rating: 6.4
My rating: 7
Jigsaw is dood. Maar hulle het dit sowaar reggekry om nog ‘n Saw film te maak. En goed ook. As jy die bloed kan uitstaan, waarvoor die Saw flieks so bekend is, gaan jy ook hierdie een geniet. Ek was verras, want ek het gedink dit gaan afgewater raak.
Alleen vir bloeddorstige fans.
Wed 26 Dec 2007

IMDB
IMDB rating: 8.9
My rating: 7
‘n Jagter kom in die veld op ‘n klompie lyke en ‘n vrag heroïne af. Na bietjie soek kry hy ook nog ‘n tas met meer as $2 miljoen daarin. Hy besluit om die geld te vat. So word hy die prooi van een van die gevoellooste killers wat ons in ‘n lang tyd op die silwerdoek gesien het. Die wêreld rave oor hierdie fliek, maar ek weet nie regtig waarom nie.
Grootmense.
Tue 25 Dec 2007

IMDB
IMDB rating: 5.5
My rating: 5
Nog ‘n (middelmatig tot swakke) slasher movie. ‘n Aantal studente wat nog nie die thrill van prank calls ontgroei het nie, speel ‘n speletjie waar jy iemand moet opbel en dan vir minstens 75 sekondes aan die lyn moet hou… Iemand met ‘n byl besluit dat hy nou genoeg gehad het, daarvan.
Nie vir kinders nie.
Mon 24 Dec 2007

IMDB
IMDB rating: 7.1
My rating: 6
Die film is gebaseerd op die wareverhaal van die langste maffiahofsaak in die geskiedenis van die VSA. Maffialid Jack DiNorscio word aangekla en hy besluit om hof toe te gaan, in plaas daarvan om sy familie te verraai. Hy besluit ook om homself te verdedig in die saak. ‘n Lang fliek, wat my nie regtig so super veel geboei het nie.
Almal.
Sun 23 Dec 2007

IMDB
IMDB rating: 8
My rating: 7
Patrick Kenzie (Casey Affleck) en Angela Gennaro (Michelle Monaghan) vorm saam ‘n spannetjie privaatspeurders in Boston. Wanneer daar ‘n meisie van vier ontvoer word, in hulle buurt, huur die tannie van die meisie hulle in, om te help soek. Die verhaal ontvou in die volgende twee uur tot iets wat mens nie verwag nie. Goeie film!
Nie vir kinders nie.
Sun 23 Dec 2007

IMDB
IMDB rating: 6
My rating: 6
Ek het meer verwag van ‘n fliekie waarin Nicole Kidman en Daniel Craig (hy is immers James Bond!) saamspeel. The Invasion vertel die verhaal van ‘n geheimsinnige epidemie wat diegedrag van mense verander. Nicole Kidman is ‘n sielkundige wat ontdek dat die oorsprong van die epidemie van die ruimte kom. Sy ontdek ook dat haar seun imuun is en dat mens nie moet slaap nie, want dit is wanneer die aliens jou liggaam oorneem…
Almal.
