
IMDB
IMDB rating: 6
My rating: 7
As Nick en sy Ma nie oor die weg kan kom nie, besluit hy om Londen toe te gaan. Op die aand van sy vertrek, word hy egter aangeval en vir dood agtergelaat deur ‘n meisie wat dink dat hy haar verraai het by die polisie… Hy kom dan’in ‘n soort wêreld tereg waar hy alles en almal kan sien, maar niemand kan hom sien nie…
Almal.
November 2007
Fri 30 Nov 2007
Thu 29 Nov 2007

IMDB
IMDB rating: 6.7
My rating: 7
Die ambisieuse Sam en sy ma verhuis saam na Londen. Daar gekom, lyk dit al gou of hy sy pad oop kan slaap saam met die baas… Maar dan raak hy verleif op Kate. ‘n Heerlike romantiese fliek.
Almal.
Wed 28 Nov 2007

IMDB
IMDB rating: 6.7
My rating: 5
Tien klein filmpies gebasserd op die tien gebooie. Die een filmpie probeer harder as die ander een om te kyk hoe simpel hulle kan wees. Die film is gelaai met groot sterre, soos Adam Brody, Famke Janssen, Oliver Platt en as jy nog altyd wou sien hoe Winona Ryder lyk as sy ‘n houtpop vry, is hierdie jou kans. Die film is ‘n belediging vir die gemiddelde mens se intelligensie.
Almal.
Tue 27 Nov 2007
Things We Lost in the Fire (2007)
Geplaas deur potgooi onder Machiel se FilmblogLewer gerus kommentaar

IMDB
IMDB rating: 7.4
My rating: 6
Na die dood van die man van Audrey Burke (Halle Berry) neem sy die beste vriend van haar man, Jerry Sunborne (Benicio Del Toro), onder haar dak. Hy sukkel om van die heroïne af te kom en sy sukkel om van haar oorlede man af te kom en ek as kyker het gesukkel om deur die fliekie te kom. Ek dink ek het 20 keer op my horlosie gekyk, terwyl die slepende twee uur durende tragiese drama voor my afgespeel het, sonder om my enigsins te raak. Nee wat, Susanne Bier, probeer maar weer, hierdie enetjie het nie vir my gewerk nie…
Almal.
Tue 27 Nov 2007

IMDB
IMDB rating: 6.9
My rating: 4
‘n Dokumentêre fliekie oor die gebruik van die woord FUCK. Eerder ‘n poging van iemand om te kyk of hy die rekord kan breek deur 800 keer die woord FUCK in een fliek in te prop. Ons het almal nou al die deurstuurmailtjie gelees van die wonderlike woord FUCK en al sy gebruike, soveel so dat hierdie eintlik maar ‘n FUCKING boring fliekie was…
Almal wat graag wil hoor hoe FUCK klink, 90 minute lank…
Mon 26 Nov 2007

IMDB
IMDB rating: 6.6
My rating: 7
Wanneer die Ouma van ‘n familie in New Zealand voel dat haar einde nader, besluit sy dat sy ‘n fees wil hê. Haar vereistes is eenvoudig. Sy wil ‘n gedekte tafel hê en al haar kleinkinders moet aanwesig wees. Sonder aanhangsels. En sy wil geen van haar kinders daar hê nie. Dit is ‘n belangrike geleentheid, want sy sal haar opvolger tydens hierdie fees bekendmaak.
Almal.
Sun 25 Nov 2007

IMDB
IMDB rating: 6.8
My rating: 6
“Die man met die geel hoed” gaan Afrika toe om daar ‘n reuse beeld, so oud soos tyd self, te gaan haal, maar hy kom terug met ‘n drie duim hoë beeldjie en ‘n apie, wat alles stukkend maak… Oulike fliekie vir kinders. Ek het die musiek geniet, hoewel ek nie moeite sal doen om die klankbaan te soek nie.
Almal.
Sun 25 Nov 2007
In the Shadow of the Moon (2007)
Geplaas deur potgooi onder Machiel se FilmblogLewer gerus kommentaar

IMDB
IMDB rating: 8.6
My rating: 6
Glo dit, of glo dit nie. Volgens NASA het daar al 12 mense op die maan geloop. Hierdie dokumentêre film voer onderhoude met die van hulle wat nog leef. Gevul met argiefmateriaal, wat ons nou al tot vervelens gesien het. Die film doen nie enige moeite om ons te oortuig dat mense wat sê dit was hierdie groot hoax, nie weet waarvan hulle praat nie. Ook word daar nie regtig veel tyd gespandeer aan die “Hoe het hulle dit gedoen” nie. Dis eintlik maar net ‘n geleentheid aan ‘n paar mense om te sê “Been there, done that!” maar vergeet het om die t-shirt te koop.
Almal.
Sun 25 Nov 2007
The Short Films of David Lynch (2002)
Geplaas deur potgooi onder Machiel se FilmblogLewer gerus kommentaar

IMDB
IMDB rating: 7.5
My rating: 5
Ek weet nie hoekom nie, maar ek bly altyd dink dat mens behoort ‘n fan te wees van David Lynch. Soos wat sommige mense glo mens moet rooiwyn drink, of dat dit cool is om vegetariër te wees. Dit is ook die rede hoekom ek deur hierdie ritsie kort flieks gesit en stoei het. Aanmekaargeplak deur vervelige kommentaar van mnr Lynch self. Aan die einde het ek presies gevoel soos nadat ek na Eraserhead gekyk het… Mors van kosbare tyd. Ek het egter al die filmpies deurgeworstel, want ek dog miskien bêre hy die beste vir laaste. Ek het ook probeer regverdig deur te se dat wat hy doen, wél sy tyd vêr vooruit was. Hierdie versamelingkie het my egter finaal gekuur van my illusie dat ek ‘n fan was. (Die illusie het ontstaan in die 90′er jare, toe ek “Wild At Heart” so geweldig geniet het.)
Alleen vir die die-hard David Lynch fans.
Sat 24 Nov 2007

IMDB
IMDB rating: 7.5
My rating: 7
Todd Anderson word uit Seatle gestuur na Indië om daar te help om die nuwe televerkoopsentrum van sy firma, op die been te bring. In Indië wag die grootste kultuurskok op hom, maar hy kom dit te bowe. En ja, jy raai dit al, raak verlief op ‘n meisie daar… Toemaar, dit klink erger as wat dit is, hierdie is eintlik ‘n baie oulike fliek!
Almal.
