October 2007



IMDB
IMDB rating: 6.5
My rating: 7
Ooit was Gary (Martin Freeman) ‘n popster. Nou ploeter hy rond deur deuntjies vir televisieadvertensies te maak. Sy vriendin Dora (Gwyneth Paltrow) doen haar bes om hom te steun deur dik en dun. Maar dan kry hy ‘n nuwe stokperdjie - aktief droom! Anna (Penélope Cruz) sorg dat hy nie genoeg kan kry van slaap (en droom) nie. ‘n Droomdokter (Danny DeVito) help ‘n handjie… ‘n Oulike fliek, wat nie so onrealisties is as wat dit klink nie.
Almal.


IMDB
IMDB rating: 6.6
My rating: 6
Dick is ‘n pasifis wat in ‘n klein myndorpie, Estherslope, woon. Op ‘n dag koop hy ‘n speelgoedrewolwertjie, maar al snel blyk dat dit ‘n egte geweer is. Omdat Dick baie aangetrokke voel tot die geweertjie, besluit hy om dit voortaan altyd by hom te dra. Saam met ‘n paar vriendjies stig hy ‘n klub, “The Dandies” - pasifiste met gewere…

Nie regtig vir kinders nie.


IMDB
IMDB rating: 7.2
My rating: 5
Ek weet nie regtig waar die naam “Elephant” vandaan kom nie. Die fliek gaan oor ‘n gewone dag in die lewe van ‘n gewone klomp kinders op ‘n gewone skool… Lang en langdradig. En dan kom twee leerlinge met gewere die skool binnegeloop. Kyk goed, want voor jy weet is dit verby.
Nie vir kinders nie.


IMDB
IMDB rating: 7.3
My rating: 6
Ses maande na ‘n virus uitgebreek het in Engeland, dink die VSA soldate dat hulle nou beheer het oor die land. Hulle begin in Londen om die land weer stuk vir stuk op te bou. Dan breek die virus weer uit. Ek het baie meer van hierdie fliekie verwag en was eintlik baie teleurgesteld.
Nie vir kinders nie.


IMDB
IMDB rating: 7.7
My rating: 6
Michael Sullivan werk vir die misdaadbaas John Rooney. Wanneer Michael se oudste seun ‘n keer skelm in die kar wegkruip, om te sien wat sy Pa nou eintlik doen, word hy uitgevang. Natuurlik is die baas nie so bly daarmee nie en besluit hy om Michael en sy seun uit te moor… Groot name in hierdie fliekie - Tom Hanks, Paul Newman, Daniel Craig en Jude Law. Ongelukkig kry hulle dit nie reg om die film interessanter te maak nie…
Nie vir kinders nie.


IMDB
IMDB rating: 5.9
My rating: 4
Vier vriende kom bymekaar. Toevallig is hulle twee mans en twee vroue en toevallig is die een man gay en die een vrou lesbies. Wat aanvanklik lyk of dit ‘n interessante (oop) gesprek kan wees oor mense en hulle seksualiteit, ontaard egter in ‘n kinderagtige heen en weer gesnou oor hoe sleg mense is agv hulle seksuele voorkeure… ‘n Flou fliekie.
Nie vir kinders nie.


IMDB
IMDB rating: 6.4
My rating: 6
Wanneer hoofkok Kate Armstrong se sussie verongeluk, erf Kate haar dogtertjie. Dit gooi haar lewe bietjie omvêr. Om alles te kroon, stel die eieneaar van die restaurant waar Kate werk, nog ‘n kok aan om uit te help in die tye wat Kate nie aanwesig is nie. Die fliekie is voorspelbaar en daar word te veel op die kind gefokus.
Almal.


IMDB
IMDB rating: 6.4
My rating: 7
Wanneer David en Amy Fox se motor in die middel van nowhere gaan staan, word hulle geforseer om op soek te gaan na slaapplek… Hulle kry die honeymoonsuite in die enigste motel in die buurt. Om homself te vermaak, sit David die videomasjien aan en kyk hy na die gruwelfilms - totdat hy besef dat die films in die kamer waarin hulle sit, afspeel. As hulle verdere ondersoek instel, sien hulle dat die kamera’s nog steeds in die kamer hang…
Hierdie film is vir mense met ‘n senuwees van staal!
Nie vir kinders nie.


IMDB
IMDB rating: 9.1
My rating: 8
Tydens die Viëtnam oorlog smokkel Frank Lucas (Denzel Washington) dwelms in die doodskisten gestorwe Amerikaanse soldate in Vietnam. Deurdat hy die “middelman” uitsny, kan hy sy dwelms (100% suiwer) vir goedkoper as die (versnydings) op straat verkoop. Daarmee bou hy al gou ‘n groot besigheid op, waarby hy nie alleen vriende, maar ook ‘n groot deel van sy familie betrek. Richie Roberts (Russel crowe) is ‘n doodeerlike polisieman wat snuf in die neus kry en besluit om Frank Lucas met ‘n valkoog dop te hou… Die korrupte agent Trupo stel egter ook baie belang in hierdie sakie.
Hierdie was ‘n baie goeie film, maar ek dink nie dat dit die hype wat dit kry, regtig verdien nie.
Nie vir kinders nie.


IMDB
IMDB rating: 6.1
My rating: 5
Na al die ander “beginnings” kan ons ons oë nou uitkyk na Halloween se beginning. Michael Myers is 10 jaar oud en begin met sy streke. Hierdie film het genoeg bloed en geweld, maar hopeloos te min spanning. Nie regtig die naam “Halloween” werd nie. Maar ja, dit sal seker weer ‘n lokkettreffer wees…
Nie vir kinders nie.

Next Page »