
IMDB
IMDB rating: 7.9
My rating: 6
Aan die begin van die fliek was ek bietjie teleurgesteld, omdat dit gelyk het asof hulle die fliek alleen maar gemaak het om die vryheid te kan hê om godslasterlik te raak. Die verhaal het egter baie gou begin ontvou in ‘n lang aflewering van die Simpsons waaraan mens gewoond is. Die standaard was goed, maar nie briljant nie. Die fliek sal net werk vir Simpsons aanhangers.
Vir almal.
September 2007
Sun 30 Sep 2007
Sat 29 Sep 2007

IMDB
IMDB rating: 7.5
My rating: 8
Nadat die kunsstudent Ben Willes se verhouding op ‘n pynlike manier verbreek word, deur sy vriendin Suzy, ontwikkel hy insomnia. Eers geniet hy die ekstra agt uur per dag, maar wanneer sy geld opraak, besluit hy om die ekstra tyd te verkoop en gaan werk hy snags in ‘n supermark. Daar ontmoet hy ‘n aantal interessante mense… Hierdie film sal meer by die verfynde gehoor pas. Die film bevat grafiese naaktheid wat die tannies bietjie skaam laat kry…
Vir grootmense.
Sat 29 Sep 2007

IMDB
IMDB rating: 7.9
My rating: 7
Op die oog af lyk hulle soos ‘n perfekte gesinnetjie. Wanneer die dogtertjie egter op ‘n dag ontvoer word, val die geraamtes een vir een uit die kas. Hierdie is ‘n lekker spannende film. Moenie oscarnominasies verwag nie, sit lekker agteroor en geniet, daar’s ‘n paar lekker verrassings.
Almal.
Fri 28 Sep 2007

IMDB
IMDB rating: 8.4
My rating: 5
Hoe skaapagtig kan die mensdom wees? Omdat die eerste twee Bourne flieks redelik goed was, glo almal dat die derde ook goed moet wees. Soveel so dat die fliek selfs op hierdie stadium die 93ste plek op die top 250 van die IMDB beklee. Word wakker mense, moenie skaam wees om te sê dat hierdie fliekie regtig ‘n mors van tyd is om te kyk nie. Jy mis nie die storie omdat jy nie intelligent genoeg is nie - daar is geen storie nie. Dis die een high speed chase, na die ander. As dit jou ding is, gaan kyk hierdie een, maar moenie sê ek het jou nie gewaarsku nie.
Vir almal.
Fri 28 Sep 2007

Internet link
IMDB rating: nvt
My rating: 6
Die film is gemaak met geen wins oogmerk. Die film se doel (volgens die filmmakers) is om ons mense bietjie aan die dink te sit en te maak dat ons nie sommer alles glo wat ons deur die media voorgesit kry nie. Wat die doel betref, het hulle dit wél bereik met my. Die film het my verseker aan die dink gesit. Ek glo nie alles wat hulle as waarheid verkoop nie en sal self eers bietjie meer wil navors oor die hele gedoe, voor ek my eie gevolgtrekkings sal maak.
Die film is opgedeel in drie dele, eerste gaan oor die mite “Jesus”. Tweede oor 9/11 en die derde oor gesentraliseerde banke. Die film kan gratis op intrenet gekyk word, op bostaande link.
Met tye bietjie uitgerek en sensasiesoekerig, maar die moeite werd om te kyk.
Vir almal.
Thu 27 Sep 2007

IMDB
IMDB rating: 7.2
My rating: 6
Casinoeienaar Willie Bank staan op die punt om in Las Vegas ‘n groot casino/hotel oop te maak. Maar as Bank dan Reuben Tishkoff verneuk en Reuben hierdeur met hartprobleme in die hospitaal beland, besluit Danny Ocean en die res van die bende om wraak te neem op Bank. Hulle besluit om daarvoor te sorg dat die opening van Bank se casino uitloop op ‘n groot ramp, sodat Bank baie geld sal verloor. En dan probeer die groep ook nog om die kosbare diamante wat Bank gewen het met sy vorige hotelle, te steel.
Hoewel ek die fliek baie geniet het en alles goed inmekaar sit, dink ek die Ocean’s flieks het hulle beste tye gehad.
Vir almal.
Wed 26 Sep 2007

IMDB
IMDB rating: 7.3
My rating: 7
‘n Hitman begin al hoe slordiger werk, as gevolg van sy alkoholprobleem. Hy sluit aan by AA om van sy gewoonte ontslae te raak. Hierdie is ‘n komiese tragiese donker fliek wat ek verseker aanbeveel.
Nie vir té kleine kinders nie.
Mon 24 Sep 2007
I Now Pronounce You Chuck and Larry (2007)
Geplaas deur potgooi onder Machiel se FilmblogLewer gerus kommentaar

IMDB
IMDB rating: 6.3
My rating: 5.5
Wanneer brandweerman, Chuck Levine, se lewe gered word deur sy kollega, Larry Valentine, beloof hy om enigiets vir Larry te doen om hom terug te betaal. Die klein gunsie wat Larry hom vra, naamlik om voor te gee dat hulle ‘n stel is, lyk asof dit hulle altwee duur te staan gaan kom. Die fliekie kom partykeer baie naby aan ‘n koekgooi komedie, maar is eintlik nogal vermaaklik.
Almal
Fri 21 Sep 2007

IMDB
IMDB rating: 7.2
My rating: 6
‘n Soort manlike eskort (Woody Harrelson) vir ryk vroue, raak betrokke in ‘n moordondersoek… Klink lekker spannend, hé? Hierdie is ‘n rare film, waarin die eerste 90% bietjie saai en uitgerek is en dan is die laaste deel weer so afgerammel dat jy met ‘n hele klomp vrae sit na die fliek verby is. My lewe is nie hierdeur verryk nie.
Almal
Thu 20 Sep 2007

IMDB
IMDB rating: 5.8
My rating: 6
Die verhaal van ‘n spiksplinternuwe kongreslid, wat opdrag kry van God om ‘n ark te bou, om die wêreld te red van ‘n oorstroming. Die regiseur van Bruce Almighty het weer vir Morgan Freeman as God gebruik - ‘n goeie keuse, as jy my vra. Ons Afrikaanse outjies het nie regtig grootgeword met grappies oor God nie en die film kan op plekke aan sommige mense aanstoot gee, maar die overall gevoel van die fliek is goed. Hierdie is nie ‘n diep fliek, wat jou geloof gaan versterk, of jou met ander oë na God gaan laat kyk nie. Dis ligte vermaak. Bietjie Hollywood oordrewe met tye. Ek dink die computer animators het hulle gate uit geniet om hierdie film te maak…
Almal
