April 2007



IMDB
IMDB rating: 5.8
My rating: 6
Die soveelste film waar twee mense se ligame omgeruil word. Hierde keer, twee medeskoliere, wat nie baie van mekaar hou nie…
Almal.


IMDB
IMDB rating: 6
My rating: 6
Mr Bean wen ‘n vakansie na die suide van Frankryk. Die reis daarheen verloop egter nie so vlot as wat hy gehoop het nie. Die fliekie sal nie regtig teleurstel nie, maar is ook nie die beste Bean ooit nie. Ek het wel ‘n paar keer lekker gelag.
Vir almal!


IMDB
IMDB rating: 7.1
My rating: 8
‘n Kykie agter die skerms by die Ambassador Hotel, kort voor die moord van Senator Robert F. Kennedy, op 6 Junie 1968. ‘n Briljante film!
Almal kan dit kyk, almal moet dit kyk!


IMDB
IMDB rating: 5
My rating: 5
Mamma meng in met haar dogter se liefdeslewe. Die filmpie is vol cliché’s - ek hoef dus nie veel meer te vertel nie, want almal weet wat gaan gebeur.
Almal.

Vrydagaand om 22:00 (CAT) is dit tyd vir potgooi.nl op Uitsaaines Live. Ons neem elke week lewendig op en dit is dan ook jou geleentheid om saam te gesels in die geselskamer! Ons gesels tydens die potgooi nie aktief saam nie, maar ons lees graag al die opmerkings wat mense maak oor die onderwerpe waaroor ons praat.

Met hierdie spelertjie kan jy nou na ons POTGOOI luister!

As jy die potgooi wil download op jou hardeskyf, kliek hier regs en kies “save target as…”

Na die potgooi, natuurlik weer ‘n uurtjie of wat lekker musiek op Uitsaaines Live.

Ons spring weg met Lienka - Wag-’n-bietjiebos
Agtergrondmusiek: Trance Authority - Carved In Stone

Nuusbrokkies



‘n Sekspop vir jou hondjie…

Pierre en Pauli - Boland
Besoek hulle site!

Films

Ons Kinders
Sebastiaan klim orals op en Spikkels is 23 weke oud.



Hier’s hy weer: Spikkeltjie op 13 April 2007

Charlene se sielkundige wenk:
Begin familietradisies.

Soos altyd neem ons vanaand ons POTGOOI lewendig op, om 22:00, SA tyd, op Uitsaaines Live.

Jy kan Uitsaaines Live heeldag en elke dag luister deur op die radio* (of hier*) te kliek.

(* Hierdie links is om te luister met WinAmp. As jy nog nie WinAmp het nie, download dit gratis hier!)

In die chatkamer kan jy jou input gee, tydens ons opname.

Die CHATKAMER kan jy hier kry!


IMDB
IMDB rating: 6.8
My rating: 5
‘n Film oor ‘n klas en die onderwysers van die klas, in een of ander hoi poloi skool in Engeland. Ek wonder of daar regtig “kinders” bestaan wat so praat en so kan redeneer, soos wat mens in hierdie fliek sien. Ek het die film bietjie (baie) langdradig gevind.
Almal kan dit kyk, maar die temas kan aanstoot gee!


IMDB
IMDB rating: 7.2
My rating: 7
Die ware verhaal oor die Standerbende wat in die laat 70’s en vroeë 80’s amok gemaak het onder die banke in SA. Hierdie film voel regtig of hy in die 70’s gemaak is. Hoogs vermaaklik! Die enigste negatiewe punt is die oordrewe Afrikaanse aksent waarmee die akteurs praat.
Bietjie te geweldadig vir kinders!


IMDB
IMDB rating: 5.9
My rating: 6
‘n Scary movie, waar mens meer bang is vir dit wat jy nie sien nie, as vir wat jy sien. Hierde is nie die tipiese horrorfliek nie - sal ook nie in die kol wees by die tipiese horrorfliekliefhebbers nie. Maar as jy lus is vir ‘n ander tipe bangmaakfliek, kyk hierdie gerus.
Bietjie te scary vir kinders!


IMDB
IMDB rating: 6.9
My rating: 6.5
´n Bietjie gedateerde weergawe van die musical “Joseph And…” As jy nog nie die musical gesien het nie, anders hoef jy nie hieraan tyd te spandeer nie.
Vir almal!

Next Page »