March 2007
Monthly Archive
Fri 30 Mar 2007
Geplaas deur potgooi onder
Potgooi1 Kommentaar

Joepie! Alweer boobies op die site!!!
Vrydagaand om 22:00 (CAT) is dit tyd vir potgooi.nl op Uitsaaines Live. Ons neem elke week lewendig op en dit is dan ook jou geleentheid om saam te gesels in die geselskamer! Ons gesels tydens die potgooi nie aktief saam nie, maar ons lees graag al die opmerkings wat mense maak oor die onderwerpe waaroor ons praat.
Met hierdie spelertjie kan jy nou na ons POTGOOI luister!
As jy die potgooi wil download op jou hardeskyf, kliek hier regs en kies “save target as…”
Na die potgooi, natuurlik weer ‘n uurtjie of wat leker musiek op Uitsaaines Live.
Ons spring weg met 1(One) Day Remains - End Of The Day
Innie agtergrond Pravda23-Think
Nuusbrokkies

Ons 50ste Potgooi! Bekyk hier die filmpie!!!

Vlieënde piering!

‘n Lange en ‘n dunne…!

Thora Birch!

120 Ape op ‘n klip!

Nie net die Belge sal deurmekaar raak met so ‘n bord nie!
Amanda Luyt - Mooiste Mens
Paar feite oor:
Internetporno…
Charlene se wenk vir in- en om die huis:
…
Films
The Hitcher
The Darwin Awards
Aurora Borealis
Ghost Rider
Ons Kinders
Sebastiaan raak al meer op sy stukke en Spikkels is 19 weke oud. Amper halfpad…
Charlene se sielkundige wenk:
Werk as ‘n span saam met jou geliefdes.
Zania - Weet Jy
Thu 29 Mar 2007

IMDB
IMDB rating: 5.4
My rating: 5
Dis snaaks, hoe mens beïnvloed word, deur wat jy voor die tyd van ‘n film hoor. Met hierdie film het ek voor die tyd baie gehoor van hoe swak hy is. Ek was dus aangenaam verras, toe ek sien dat hy nie so sleg is, as wat ek verwag het nie. Nicolas Cage se afgelope paar films was só goed, dat dit moeilik is om te glo dat hy hom laat vang het deur hierdie een… Wanneer dit lyk of sy Pa aan kanker gaan doodgaan, maak hy (sonder dat hy dit besef) ‘n deal met die duiwel om, in ruil vir sy siel, sy Pa gesond te maak. Ons almal weet nou al dat mens nie die duiwel kan vertrou nie - die volgende dag is sy Pa blakend gesond, om te verongeluk met sy motorfiets…
Nie vir klein kinders nie.
Wed 28 Mar 2007

IMDB
IMDB rating: 7.1
My rating: 7
‘n Mooi film oor ‘n jongman, wat sukkel om sy werk te behou. Wanneer hy by sy Oupa en Ouma in die gebou begin werk, begin sy verhouding met hulle ook beter word en ‘n spesiale vriendskap ontwikkel tussen hom en sy Oupa. En tussen hom en sy Oupa se tuisverpleegster…
Alle ouderdomme.
Tue 27 Mar 2007

IMDB
IMDB rating: 4.7
My rating: 5.5
Hy maak profiele van misdadigers. Sy ondersoek dooies, vir ‘n versekeringsmaatskappy. ‘n Student volg hulle oral met ‘n videokamera, vir sy afstudeerondersoek. Klink alles baie opwindend, maar dis maar ‘n saaie fliekie. Selfs Juliette Lewis kry dit nie reg om oemf in hierdie fliek in te blaas nie (en ek’s ‘n fan van haar!)
Almal.
Sat 24 Mar 2007

IMDB
IMDB rating: 7
My rating: 7
Nadat hy, sonder om te dink, ‘n ryloper opgetel het, besef hy dat hy ‘n fout gemaak het. Maar dis nie so maklik om van die ryloper ontslae te raak nie!
Nie vir klein kinders nie.
Fri 23 Mar 2007
Geplaas deur potgooi onder
Potgooi[2] Kommentare

Vandag weer boobies op die site!!!
Vrydagaand om 22:00 (CAT) is dit tyd vir potgooi.nl op Uitsaaines Live. Ons neem elke week lewendig op en dit is dan ook jou geleentheid om saam te gesels in die geselskamer! Ons gesels tydens die potgooi nie aktief saam nie, maar ons lees graag al die opmerkings wat mense maak oor die onderwerpe waaroor ons praat.
Met hierdie spelertjie kan jy nou na ons POTGOOI luister!
As jy die potgooi wil download op jou hardeskyf, kliek hier regs en kies “save target as…”
Na die potgooi, natuurlik weer ‘n uurtjie of wat leker musiek op Uitsaaines Live.
Ons spring weg met Steffen Coonan - Swan Lake Remix
Nuusbrokkies

Vlieënde karre is nader as wat jy dink!

Die RAPEX!

Sonnet Ehlers is die brein agter die Rapex…

…ons boobs vir die dag. Let mooi op voor jy daai MMS stuur!

Só lyk ‘n poster wat té wreed is…
Top Deck - Ek Smaak Jou Sterk
Top 10 lysie:
…
Charlene se wenk vir in- en om die huis:
…
Films
Deep Sea 3D
Shut Up & Sing
The Killing Floor
Brick
48 Shades
Ons Kinders

Spikkels is 18 weke oud.
Charlene se sielkundige wenk:
Werk as ‘n span saam met jou geliefdes.
Amanda Luyt - Deel Van My
Mon 19 Mar 2007

IMDB
IMDB rating: 6.3
My rating: 7
Twee meisies, wat al op universiteit is en ‘n jonge, wat nog op skool is, deel ‘n huis. Rowwe parties en rowwe liefdes. Hierdie was ‘n lekker film om te kyk!
Nie vir klein kinders nie.
Sun 18 Mar 2007

IMDB
IMDB rating: 7.7
My rating: 6
‘n Film oor dwelmhandelare en skoolkinders wat met vuur speel. Gemiddeld.
Nie vir klein kinders nie.
Sun 18 Mar 2007

IMDB
IMDB rating: Not Yet Rated
My rating: 5.5
‘n Suksevolle agent vir skrywers, trek in ‘n pragtige woonstel in. Maar dan gebeur daar snaakse dinge. Dit lyk amper of iemand vermoor is in sy pozzie. Gemiddelde vermaak.
Nie vir klein kinders nie.
Sat 17 Mar 2007

IMDB
IMDB rating: 7.6
My rating: 6
Nadat Dixie Chicks sangeres, Natalie Maines tydens ‘n konsert in 2003 in Londen, vertel dat sy skaam is vir president George W. Bush, is die hele VSA opeens gekant teen die Dixie Chicks. Veral die countryaanhangers eis dat hulle verban moet word van alle radiostasies. Hierdie fliek volg hulle val en opstaan.
Vir alle ouderdomme.
— Next Page »