
IMDB
IMDB rating: 7.8
My rating: 8
‘n Tonekrul-van-die-lekkerte film oor ‘n man wat op ‘n dag ‘n narrator begin hoor praat. Later besef hy dat hy die skryfster van sy lewensverhaal hoor. As hy uitvind dat hierdie skryfster al haar hoofkarakters in haar vorige boeke laat doodgaan het, begin hy bekommerd raak. Hierdie film sal nie in almal se smaak val nie, daar sit ‘n groot deel fantasie-effek in, maar vir my was dit ‘n treffer!
Almal.
February 2007
Mon 26 Feb 2007
Sun 25 Feb 2007

IMDB
IMDB rating: 6.2
My rating: 6
As iemand vir jou sê daar’s kak op McDonnalds se hamburgers, moet jy twee keer dink, voor jy dink hy bedoel dit figuurlik… Hierdie is ‘n semi-dokumentêr, wat wys hoe “Mickeys” hulle hamburgerpatties maak. Onwettige immigrante, wat op ‘n loopband werk, wat net so ‘n klein bietjie te vinnig draai. Hulle word welliswaar eers mooi opgelei, deur na films in Engels te kyk, wat hulle nie kan verstaan nie, en daarna aan die slag. Met die gevolg dat daar daagliks ongelukke gebeur…
Kan deur almal gekyk word, maar wees versigtig, dit kan daai McDonnald’s laat dik word in jou keel.
Sun 25 Feb 2007

IMDB
IMDB rating: 7.8
My rating: 7
‘n Pedofiel in die buurt, ‘n verveelde huisvrou en ‘n werklose pa, sorg daarvoor dat hierdie storie mens se aandag vashou. Dit is ‘n baie goeie film, wat op jou lysie van moet-sien-films behoort te wees.
Vir grootmense.
Sat 24 Feb 2007

IMDB
IMDB rating: 4.6
My rating: 5
(Gelukkig het ek nie veel van hierdie film verwag nie, so ek was ook nie teleurgesteld nie) Pappa gaan vir werk na Afrika. Hy neem sy twee tienerkinders en sy splinternuwe (net-net nie tiener) vrou saam. Terwyl hy werk, gaan hulle op ‘n sightseeing trippie en word daar deur ‘n klomp mensvreter leeus aangeval… Mooi om Afrika te sien, maar dis eintlik al…
Daar’s bloed in die film, so dis nie vir t’e klein kindertjies nie.
Sat 24 Feb 2007

IMDB
IMDB rating: 6.7
My rating: 6
Die musiek is nice, maar kan te veel word. Veral as hulle met tye, in plaas van praat, in sang uitbars. Ag ja… daar sal mense wees wat mal is hieroor, maar vir my was dit maar net nog ‘n fliek.
Alle ouderdomme.
Sat 24 Feb 2007

Vrydagaand om 22:00 (CAT) is dit tyd vir potgooi.nl op Uitsaaines Live. Ons neem elke week lewendig op en dit is dan ook jou geleentheid om saam te gesels in die geselskamer! Ons gesels tydens die potgooi nie aktief saam nie, maar ons lees graag al die opmerkings wat mense maak oor die onderwerpe waaroor ons praat.
Gebruik hierdie spelertjie as jy nou wil luister!
Na die potgooi, luister ons na Suid Afrikaanse musiek wat nie die Top 100 gehaal het nie…
As jy die potgooi wil download op jou hardeskyf, kliek hier regs en kies “save target as…”
Ons spring weg met Pierre en Pauli - Toema Man
Potgooinuus
Gaan ky na die videopodcast van Skaatscast, genaamd Goud, Wie Rook & Miracles!
2 Maart 2007, om 23:00 (SA Tyd) Top 100
op UITSAAINES LIVE!!!
‘n Paar Nuusbrokkies

Onse Britney het alweer haar hare afgeskeer… Die keer die hare op haar kop!

Wat is dit wat Rocky smokkel?
Tinkie - Gefrustreerd
Top 10 lysie:
Ons gesels oor Oscar nominasies, ipv ‘n top 10.
Charlene se wenk vir in- en om die huis:
Vliegstront.
Iets oor Sebastiaan:
Sebastiaan ken al nommertjies, van 1 tot en met 8, okay, 10.
Spikkeltjie is nou 13 weke oud.
Films
Dirty Pretty Things
Marie Antionette
An Inconvenient Truth
Unknown
10 items or Less
Charlene se sielkundige wenk:
hoe om die gedrag van mense om jou te verander…
Thys Nywerheid - Psychedelic ossewa
Fri 23 Feb 2007
Jy kan Uitsaaines Live heeldag en elke dag luister deur hier links op die radio* (of hier*) te kliek.
(* Hierdie links is om te luister met WinAmp. As jy nog nie WinAmp het nie, download dit gratis hier!)
2 Maart 2007, om 23:00 (SA Tyd) Top 100
op UITSAAINES LIVE!!!
Soos altyd neem ons vanaand ons POTGOOI lewendig op, om 22:00, SA tyd, op Uitsaaines Live.
In die chatkamer kan jy jou input gee, tydens ons opname.
Die CHATKAMER kan jy hier kry!
Tue 20 Feb 2007

IMDB
IMDB rating: 6.3
My rating: 7
Weer so ‘n stukkie-van-die-lewe fliekie, waaroor ek so mal is. Morgan Freeman speel ‘n akteur wat, as voorbereiding op ‘n nuwe rol, in ‘n verlate supermark ronddwaal. Daar ontmoet hy die meisie wat by die “10 items Or Less” counter werk. Daar ontwikkel ‘n mooi vriendskap tussen hulle, wat een middag duur en dan verby is… Mooi film!
Hierdie film sal in ‘n beperkte gehoor se smaak val, maar almal kan dit kyk…
Mon 19 Feb 2007

IMDB
IMDB rating: 6.3
My rating: 7
Vyf mans word wakker in ‘n warehouse. Geen een kan onthou wie hy is, waar hy is, of waarom hy daar is nie. Daar lê verskeie wapens rond en hulle het verskeie wonde. Twee van hulle is selfs vasgebind. Maar wie is die goeie ouens en wie is die boewe? Stadig maar seker begin hulle die verhaal uitrafel en word dit duidelik wie mens kan vertrou en wie nie… ‘n Briljante idee, baie goed vasgelê op film.
Daar’s bietjie geweld in die film, maar dit kan deur almal gekyk word.
Sun 18 Feb 2007

IMDB
IMDB rating: 8.3
My rating: 7
Al Gore het nie president geword, toe hy teen Bush gestaan het nie. Hy was slim genoeg om nou sy punte wat hy as president sekerlik baie ernstig sou opneem het, as fliek uit te reik. Al Gore is nou al jare lank besorg oor die broeikaseffek, oftewel Global Warming. Hierdie film bevat ‘n hele paar oomblikke, wat mens nie anders kan, as om jousef af te vra waarmee ons besig is nie…!!!
Almal

