January 2007



Sebastiaan kan op 15 maande al meer as 30 woordjies “sê”! Meeste van hulle kan net ons verstaan, maar tog vind ons hom superslim!!!
Sebastiaan se mamma het ongelukkig nie daaraan gedink dat dit maklik is om die kamera te draai, maar nie so maklik is om die filmpie te draai nie…

Draai maar jou kop skuins, of draai jou beeldskerm op sy kant! :-)


IMDB
IMDB rating: 5.4
My rating: 6.5
‘n Verhaal oor ‘n meisie wat moet kies tussen haarself aan die een kant en haar Pa en vriendin aan die ander kant…
Vir almal.

The Science Of Sleep - Frans, Spaans en Engels


IMDB
IMDB rating: 7.8
My rating: 7
‘n Mooi film oor ‘n man wat sukkel om te onderskei tussen sy drome en die werklikheid. As mens die film kyk, raak jy ook in die war oor die drome en die werklikheid. Die animasie in hierdie film is lekker ouderwets en fantasties gemaak. As die kuns van films maak, jou aanspreek, móét jy hierdie sien! Verder sal dit maar in ‘n beperkte smaak val.
Vir almal.


IMDB
IMDB rating: 6.7
My rating: 6
Moenie geflous word deur die feit dat hierdie film deur dieselfde regisseur gemaak is as Oceans 11, 12 en 13 nie. Hierdie is iets heeltemal anders. Onbekende akteurs, geen special effects en ‘n stadig bewegende storie. Tog op sy manier ‘n ontroerende verhaal. As jy hou van flieks met ‘n einde, is hierdie nie vir jou nie.
Vir almal.


IMDB
IMDB rating: 8.1
My rating: 7.5
Hulle was ooit kollega’s, maar na ‘n ongeluk word die twee kulkunstenaars rivale. ‘n Koue oorlog, waarin geen kulkunsie té vêr gegaan is nie… Selfs moord. ‘n Briljante film!
Nie regtig vir klein kinders nie.


IMDB
IMDB rating: 6.9
My rating: 6.5
Raymond Martinez Fernandez verlei vroue uit hulle geld. Tot hy hom vasloop in Martha Beck, wat hom sien vir wat hy is. Saam gaan hulle verder. Hulle soek hulle slagoffers in die “Sonskynhoekie”. Gebasseerd op ‘n ware verhaal.
Nie vir kinders nie.


IMDB
IMDB rating: 6.4
My rating: 6
‘n Jumanji tipe fliek, oor ‘n museum waar geskiedenis tot lewe kom. Letterlik! ‘n Aanraaiertjie, veral vir jong kinders…
Vir almal.


Gebruik hierdie spelertjie om nou na ons potgooi te luister!

Moenie vergeet om Vrydagaande 22:00 (CAT) lewendig na ons potgooi te luister nie! Gesels gerus saam in die geselskamer van Uitsaaines Live!

Na die potgooi, speel ons nog musiek, tot die Robot ons om middernag (SA tyd) afgooi! Kom luister saam. E-mail ons as daar versoeke is wat jy wil hê ons moet vir jou speel! Ons sal ons bes doen.

Ons spring weg met Abel Kraamsaal - Vir My.
Ons agtergrondmusiek vanaand is Alienation - Beggars and Kings.

Potgooinuus

Luister elke Woensdagaand om 21:00 SA tyd na Cybersakkie op Uitsaaines Live.
Steve Hofmeyr het twee “potgooie” op sy blog geplaas - demo’s van nuwe liedjies!
Onthou die kompetisie van Moddereiland.

Ingrid Beyers het gemail en gevra dat ons moet seker maak dat julle almal weet van Bok van Blerk en Illana May, wat altwee video’s van DeLaRey op YouTube het. Dankie vir hierdie wenk, Ingrid! (Kliek op die mense se name om die video’s te sien)

Dankie ook aan “Boer” wat vir die woorde van Delarey vir ons gepos het in die comments van Potgooi 34.

Delaray.

Op ‘n berg in die nag, lê ons in donker en wag
In die modder en bloed lê ek koud, streepsak en reën kleef teen my
En my huis en my plaas, tot kole verbrand sodat hul ons kan vang
Maar daai vlamme en vuur brand nou diep, diep binne my

Delaray, Delaray, sal jy die boere kom lei?
Delaray, Delaray
Generaal, generaal, soos een man sal ons om jou val
Generaal Delaray

Oor die Kakies wat lag, ‘n handjie van ons teen ‘n hele groot mag
en die kranse lê hier teen ons rug, hulle dink dis verby
maar die hart van ‘n boer, lê dieper en wyer, hulle sal dit nog sien
op ‘n perd kom hy aan, die leeu van die Wes-Transvaal

Delaray, Delaray, sal jy die boere kom lei?
Delaray, Delaray
Generaal, generaal, soos een man sal ons om jou val
Generaal Delaray
Delaray, Delaray, sal jy die boere kom lei?
Delaray, Delaray
Generaal, generaal, soos een man sal ons om jou val
Generaal Delaray

Want my vrou en my kind lê in ‘n kamp en vergaan
En die Kakies se murg loop oor ‘n nasie wat weer op sal staan

Delaray, Delaray, sal jy die boere kom lei?
Delaray, Delaray
Generaal, generaal, soos een man sal ons om jou val
Generaal Delaray
Delaray, Delaray, sal jy die boere kom lei?
Delaray, Delaray
Generaal, generaal, soos een man sal ons om jou val
Generaal Delaray
Generaal, generaal, sal jy die boere kom haal?

‘n Paar Nuusbrokkies


Man in Australië ontsnap uit die maag van ‘n withaai!


Nou kan jy lekker poep! Hierdie onderbroek hou alle geurtjies terug…

Top Deck - Geen bottel Roes.

Top 10 lysie:
Top 10 haaibyte…

Charlene se wenk vir in- en om die huis:
Foelie die kat weg.

Iets oor Sebastiaan:
Natuurlik ook met nuus oor “Spikkeltjie”!

Só lyk ‘n 9 weke oue embrio.

Films
Charlotte’s Web
Right at Your Door
Babel
The Night Listener
Bloody Mary
SherryBaby
What the #$*! Do We (K)now!?

Charlene se sielkundige wenk:
Jou denke beïnvloed jou liggaam.

Ons sluit die potgooi af met K2 Band - Kleintyd.

As jy die potgooi wil download op jou hardeskyf, kliek hier regs en kies “save target as…”

Luister vanaand om 22:00, SA tyd, op Uitsaaines Live, lewendig na die opname van ons potgooi nommer 41.

Jy kan Uitsaaines Live nóú luister deur hier links op die radio (of hier) te kliek. In die chatkamer* kan jy jou input gee, tydens ons opname.

* Kliek hier om te registreer vir die chatkamer of kliek hier as jy al geregistreer het en nou wil gesels!


IMDB
IMDB rating: 5.3
My rating: 5
‘n Klomp space cadets gesels oor quantum physics. By tye interessant, maar oor die algemeen ‘n geweldige langdradige fliek. Dit het my ongeveer ‘n jaar geduur om hierdie film klaar te kyk.
Vir almal.

Next Page »