December 2006



IMDB
IMDB rating: 7.3
My rating: 6
Italië is in oorlog. Malèna is beeldskoon. Renato is 13 en spils! Mooi fliekie…
Nie vir klein kinders nie…

Onthou: Onderskrifte is jou vriend, moenie bang wees daarvoor nie!


IMDB
IMDB rating: 7.3
My rating: 7
‘n Ware verhaal. Chris Gardner is dakloos en moet elke aand van voor af slaapplek vir hom en sy seun soek, maar hy werk hard…
Vir almal.


IMDB
IMDB rating: 7.5
My rating: 8
‘n Supervinnige non-stop aksiefliek. Wanneer jy dink dat die probleem opgelos is, duik die volgende vanself op. Joey Gazelle moet van ‘n geweer ontslae raak, omdat ‘n dirty cop daarmee doodgeskiet is. Wanneer hy die geweer in die kelder wegsteek, sien die buurseuntjie dit - hy steel dan die geweer om sy stiefpa te skiet…
Nie vir kinders nie.


IMDB
IMDB rating: 8.1
My rating: 8
‘n Fantastiese fliek! Dis ‘n roadmovie, waarin ‘n gesin, omdat hulle nie vliegtuigkaartjies kan bekostig nie, met hulle stokou VW kombi die pad aandurf. Natuurlik gaan die reis nie so voorspoedig as wat hulle gehoop het nie. Een vir een leer hulle hoe hard die lewe kan wees en hoe om daarmee om te gaan.
Vir almal! Sorg dat jy dit sien.


Ons kyk terug na die nuus uit 2006. ‘n Jaar vol hoogtepunte en laagtepunte.

Tydens ons lewendige opname van die potgooi, kan jy in die geselskamer van Uitsaaines Live gaan saamgesels! Moenie vergeet om Vrydagaande 22:00 (CAT) lewendig na ons potgooi te luister nie!

Na die potgooi, speel ons elke week nog bietjie musiek vir ‘n uur of wat. Kom luister saam. Julle is ook welkom om versoeke te email, ons sal ons bes doen om dit vir julle te speel. Ons saai ook volgende jaar, elke Vrydagaand, 22:00 tot 00:00 (SA tyd) uit op Uitsaaines Live, vertel almal wat jy ken daarvan!

Gebruik hierdie spelertjie as jy nou wil luister!

Ons spring weg met Love = Action - The New Year.
Ons agtergrondmusiek vanaand is Mario Ajero - Auld Lang Syne.

Potgooinuus

Bill Derome - New Years Resolution.

2006 in die nuus

Charlene se wenk:
Babelas

Films
Ons gesels oor ons (persoonlike) gunsteling flieks vir 2006.

Charlene se ander wenk:
Nuwejaarsvoornemens


2007 is nuut en vol geleenthede, ons hoop dat dit vir julle ‘n groot jaar word!
Die foto is van ‘n gorillababatjie wat op 13 Oktober 2006 in Rotterdam gebore is.

Ons sluit die potgooi af met Friction Bailey - Auld Lang Syne.

As jy die potgooi wil download op jou hardeskyf, kliek hier regs en kies “save target as…”

Vanaand kan jy vir die laaste keer, hierdie jaar, kom saamluister op Uitsaaines Live na die opname van ons potgooi.

Jy kan Uitsaaines Live nóú luister deur hier links op die radio (of hier) te kliek. Ons is meestal ook in die chatkamer*, terwyl ons die potgooi opneem.

Vanaand kyk ons in die potgooi terug na die afgelope jaar. Daarna, soos gewoonlik, lekker musiek!

* Kliek hier om te registreer vir die chatkamer of kliek hier as jy al geregistreer het en nou wil gesels!


IMDB
IMDB rating: 7.7
My rating: 8
Nog ‘n moet-sien-fliek! In Sierra Leone word diamante ontgun, midde in ‘n burgeroorlog… Die RUF verkoop diamante om wapens te koop. Die ideale setting vir smokkelaars om hulle slag te slaan. ‘n Ex-Rhodisiër, nou Suid-Afrikaner, wil ook sý deeltjie van Afrika se rykdom. Die paar sekondes van Kaapstad in hierdie film is genoeg om enigiemand huistoe te laat verlang!
Hierdie fliek is nie vir kinders nie.


IMDB
IMDB rating: 7.7
My rating: 8
Wanneer Slevin met Nick verwar word, raak hy verstrengel tussen “The Boss” en “The Rabbi”. Is jy in die war? Moenie worrie nie, met hierdie film raak mens baie keer verward, maar word jy gelukkig heel gou weer op die regte spoor gebring… Briljant!
Vir mense wat bloed kan aanskou, sonder om misluk te voel…


IMDB
IMDB rating: 6.8
My rating: 6
Hierdie is nogal ‘n scary movie vir kinders! Drie kinders kom agter dat een van die huise in hulle buurt lewendig is en mense vang en opeet!
Vir almal, wat nie bang is nie…


IMDB
IMDB rating: 5.1
My rating: 5
Dis tyd vir kersvader om die septer oor te gee aan sy seun, maar sy seun wil niks weet van die ouderwetse manier van Kersvader speel nie. ‘n Tipiese kersfantasie fliekie, wat nie verras nie, maar ook nie teleurstel nie.
Vir almal.

Next Page »