
IMDB
IMDB rating: 6.7
My rating: 8
Hierdie film sou sommer baie beter gewees het, as hulle beter sangers gebruik het. Die verhaaltjies van en deur Leonard Cohen, daartussen, maak wel op vir die gebreke in die musiek.
Hierdie film is net vir Leonard Cohen fans…
November 2006
Wed 29 Nov 2006
Leonard Cohen: I’m Your Man (2005)
Geplaas deur potgooi onder Machiel se FilmblogLewer gerus kommentaar
Tue 28 Nov 2006

IMDB
IMDB rating: 6.1
My rating: 5
‘n Bietjie voorspelbaar. Dit voel bietjie soos ‘n low budget fliek. Ek het nooit Miami Vice op TV gesien nie, maar volgens my vrou was hierdie so ‘n tipiese Miami Vice episode…
Vir (amper) almal.
Mon 27 Nov 2006

IMDB
IMDB rating: 7.9
My rating: 7
Vier jarelange vriende kom bymekaar om mekaar se smarte en uitmekaar gevalde lewens te deel. Nederlands gesproke. Baie goed.
Nie vir kinders nie.
Mon 27 Nov 2006
Ons site was verlede week ‘n paar dae af, omdat ons hostingproviders besluit het dat hulle nou keelvol is daarvoor dat ons meer bandwydte gebruik as die toegestane 30GB per maand!
Ons gebruik nou al ‘n geruime tyd meer as die toegestaande bandwydte, maar hulle het ons nou eers uitgevang! Ons weet nie of ons site nou geflag is nie - dit sou kon beteken dat hulle ons nou ekstra gaan dophou!
Om te kyk of ons die downloads bietjie kan afbring, het ons nou alle ou potgooie verwyder. Dit beteken dat jy net die laaste drie potgooie kan download. As jy regtig graag ‘n ou potgooi wíl download, sal ons dit met graagte beskikbaar maak, stuur ons net ‘n mailtjie en noem die nommer wat jy graag wil download!
As die bandwydte nog steeds ‘n probleem bly, sal ons ‘n plan maak…
Sat 25 Nov 2006
How to Go Out on a Date in Queens (2006)
Geplaas deur potgooi onder Machiel se FilmblogLewer gerus kommentaar

IMDB
IMDB rating: 4.8
My rating: 5.5
‘n Mechanic betree na jare weer die dating scene. Met die hulp van sy vriend, wat eintlik niks van dating weet nie, maar sê dat hy baie ondervinding het. Hierdie is nie ‘n slegte fliek nie - het verseker sy oomblikke. Maar briljant is dit ook helaas nie.
Nie regtig vir kinders nie.
Fri 24 Nov 2006
Thu 23 Nov 2006
The Hunchback of Notre Dame (1996)
Geplaas deur potgooi onder Machiel se FilmblogLewer gerus kommentaar

IMDB
IMDB rating: 6.4
My rating: 6
Ja, agteros kom ook in die kraal. Tien jaar na die film uitgekom het, het ek ook uiteindelik die avonture van Quasimodo gesien. En geniet. Ek het jare gelede die 1939 weergawe op SAUK (toe nog) gesien. Hierdie, die Disney weergawe, is natuurlik nie so tragies en diep soos die egte verhaal nie, maar ek beveel dit wel aan.
Veral vir kinders.
Tue 21 Nov 2006

IMDB
IMDB rating: 6.8
My rating: 7
‘n Joernalis wat pas dood is, hoor, terwyl hy op die boot sit, op pad na die hiernamaals, die scoop van sy lewe. Hy besluit dat hy nie sal kan rus as die feite nie gepubliseer word nie, en gaan terug na die lewende wêreld om, in ‘n kas, op die verhoog van ‘n kulkunstenaar, aan ‘n opkomende joernalis te verskyn en sy verhaal te vertel… Hierdie film mag jy nie mis nie, of jy nou ‘n Woody Allen fan is, of nie.
Vir almal.
Mon 20 Nov 2006

IMDB
IMDB rating: 6.6
My rating: 6
Na Flight 93 en United 93 het ek nie veel verwag, anders as ‘n sentimentele klomp stront nie. Ek was aangenaam verras! As jy net een fliek oor die 9/11 ramp wil sien, maak hierdie jou keuse.
Vir almal.
Sun 19 Nov 2006

IMDB
IMDB rating: nog nie beoordeel nie…
My rating: 3
Ek het eers na die tyd gesien dat Bob Saget die director was van hierdie fliek. Dit het my nie verbaas nie. Die fliek bestaan uit tipiese Bob Saget humor. Humor wat my meestal naar maak… Nee wat, kyk liewer na die egte “March of the Penguins”.
Ek sal nie my kinders hierna laat kyk nie.

