October 2006



IMDB
IMDB rating: 6.2
My rating: 7
‘n Groep kinders wat in Venetië kattekwaad aanvang. Hoewel hierdie ‘n Kinderfliek is, het ek dit nogal geniet. Dis nie so scary soos die Potter flieks nie, maar op dieselfde gehoor gerig.
Vir almal.


IMDB
IMDB rating: 5.6
My rating: 6
Hierdie fliek word deur die IMDB in die grond getrap as een van daai “moes nooit gemaak word” flieks. Tog het ek dit geniet. Sy vrou verneuk hom, ‘n aspirant skrywer laat hom opdonner omdat hy nie haar scripts wil gebruik nie… En dan wil Hollywood nog steeds nie medelye toon met Ben Affleck nie…
Vir almal.

Gebruik hierdie spelertjie as jy nou wil luister!

Jy kan ook hier kliek om nóú in bv. WinAmp te luister!


Ons gooi alweer lewendig pot op Uitsaaines Live. Kliek op die prentjie hierbo om die website te besoek.

Ons val vanaand weg met Mika - Jy is so mooi

Ons agtergrondmusiek is Ruddha - R-evolution

Potgooinuus
Baie geluk, Cybersakkie!
Charlene het geluister na Boerseun & Boerdogter en Moddereiland
Machiel het geluister na Die avonture van Skaats de Wet

Plaak - Redineer

Nuusbrokkies


In Finland is daar ‘n €100 muntstuk uitgereik.

In Aurangabad verf hulle die hele dorp pienk om te rebelleer teen al die kriminaiteit.

Kerry, met haar wit en swart tweeling.

Johan Botha - Winter Sonder Koud

Charlene se wenk vir in en om die huis:
“Weg met muskiete…”

Iets oor Sebastiaan


Films:
Kiss Me Again
Salvage
Yours, Mine and Ours
A Cinderella Story

Charlene se sielkundige wenk:
“Maak negatief positief…”

Wild Horse - Die Boere Generaal

Nog ‘n manier om op die web na ons te luister is deur podfeed.nl

Terwyl jy op podfeed.nl luister, stem gerus vir ons!
Luister op podfeed.nl na die potgooi deur op die prentjie hierbo te kliek. (Jy kry dan ’n Nederlandse webblad te sien met ’n iPod op de regterkant waarop jy online na ons kan luister.)

As jy die potgooi wil download op jou hardeskyf, kliek hier regs en kies “save target as…”

Tyd: 56:35
39 786kB


IMDB
IMDB rating: 5.3
My rating: 6
‘n Oulike fliek, wat byna letterlik op die storie van Aspoestertjie gebasseer is. Die fliek is bedoel vir skoolkinders, maar ek het dit geniet.
Vir almal.


IMDB
IMDB rating: 3.9
My rating: 5
Mens verwag nie veel, as jy hierdie fliek begin kyk nie. Dis dus eintlik jou eie skuld as jy teleurgesteld is hiermee. Ek het ‘n paar keer lekker gelag, maar moes ongelukkig ook ‘n paar keer my kop skud vir die simpelgeid. Maar ek sal dit nie ‘n superslegte fliek noem nie. Ek het dit meer geniet as The Grudge 2 van nou die dag…
Vir almal, maar veral vir tieners en mense wat van silly fliekies hou.


IMDB
IMDB rating: 5.1
My rating: 6.5
Hierdie is ook ‘n direk-op-dvd fliek, wat verseker die moeite werd was om te kyk. ‘n Meisie droom dat sy gruwelik vermoor word. Droom? Oor en oor, weer en weer.
Nie vir kinders nie.


IMDB
IMDB rating: 5.6
My rating: 6.5
Hy besluit dat hy nie sy vrou gaan verneuk nie. Hy sal eerder saam met sy vrou haar verneuk. Oftewel, as twee vroue in die bed jou ding is, is hierdie fliek vir jou. Wanneer drie mense oor en weer begin verlief raak, raak die driehoek bietjie ingewikkeld vir almal… Hierdie fliek is een van daai direk-op-dvd tipe fliekies, wat gerus maar eers in die bioskope ‘n draai kon maak. Verseker die moeite werd om te kyk.
Nie regtig vir kinders nie.

Gebruik hierdie spelertjie as jy nou wil luister!

Nog ‘n manier om op die web na ons te luister is deur podfeed.nl

Terwyl jy op podfeed.nl luister, stem gerus vir ons!
Luister op podfeed.nl na die potgooi deur op die prentjie hierbo te kliek. (Jy kry dan ’n Nederlandse webblad te sien met ’n iPod op de regterkant waarop jy online na ons kan luister.)

Jy kan ook hier kliek om nóú in bv. WinAmp te luister!

Ons val vanaand weg met Scarlet Box - LoveHate

Ons agtergrondmusiek is Odd One Out - Decelerate

Potgooinuus
Eben se nuwe feed (kliek regs, “save shortcut”, dan kan jy dit in iTunes plak.

Lienka - Wag-n-bietjiebos

Nuusbrokkies

Top Deck - Ek smaak jou sterk

Charlene se wenk vir in en om die huis:
“Prysstickers wat vassit…”

Iets oor Sebastiaan

Films:
The Lake House
Adrift (Open Water 2)
The Grudge 2

Charlene gesels Sielkunde
“Gee kritiek op die regte tyd…”

Steve Hofmeyr - Veels Geluk Liewe Maaikie
Steve Hofmeyr - Happy Birthday

Charlene verjaar 23 Oktober!!!

Craymo – Happy Birthday

As jy die potgooi wil download op jou hardeskyf, kliek hier regs en kies “save target as…”

Tyd: 48:43
34 263kB


IMDB
IMDB rating: 4.5
My rating: 4
Hierdie fliekie kon hulle maar gelos het. En ek is een van die min mense wat wél van die eerste een gehou het…
Vir niemand.

aka Adrift


IMDB
IMDB rating: 4.4
My rating: 7
Okay, ek het nogal baie van hierdie fliek gehou. Maar, dit sal nie by almal se smaak pas nie. Die fliek het niks te make met die eerste “Open Water” nie, so jy kan dit kyk, al het jy nie die eerste een gesien nie. As jy die eerste een gesien het en daarvan gehou het, sal jy nie té teleurgesteld wees met die tweede nie, maar die eerste een was beter. Ses vriende gaan saam vaar. Wanneer hulle almal in die see spring om af te koel, besef hulle dat niemand daaraan gedink het om die leertjie eers te laat sak nie. Hulle kan dus nie terugkom in die boot nie. Ek het twee dae lank geloop met die gevoel wat hierdie fliek mens op jou maag gee.
Vir almal met sterk mae.

Next Page »