September 2006



IMDB
IMDB rating: 6.8
My rating: 5
Miskien het die feit dat ek hierdie fliek op die vliegtuig gekyk het, iets daarmee te doen dat ek dit maar ‘n flouerige fliekie gevind het. Ek het, eerlik gesê, al by MI:2 van die trok afgeval. Ek’s ook nie Cruise se grootste fan nie, so ek sukkel bietjie om iets goeds oor hierdie fliek te sê. As oordrewe, onmoontlike aksie jou ding is, of as jy een van die meisietjies is wie se asem deur Tommie weggeslaan word, gaan kyk dit, anders is daar veel beter dinge om te doen…
Vir almal wat nie flouval van bietjie stageblood nie.

Ons is op vakansie. Hierdie site sal weer aan die gang kom, sodra ons terug is.

Ons maak op die 13de Oktober weer ‘n Potgooi!

Groete
Machiel en Charlene

 

Ons laaste potgooi voor ons vir ‘n paar weke in Suid-Afrika gaan kuier!!!

Luister nou of, maak seker dat jy nooit ‘n potgooi mis nie, deur op ons RSS feed in te teken!

Ons val vanaand weg met Jan Porter - Altyd Daar

Ons agtergrondmusiek is Ruddha - Rider On The Storm

Potgooinuus
Nico Baird
Anja is terug op die Moddereiland!
The ZA Show

Dankie aan al die mense wat ons gemail het, die afgelope week!


Ons saai alweer vanaand lewendig uit op die Uitsaaines Live. Onthou, ons gesels elke Sondagmiddag om 15:00 (SA tyd) op Uitsaaines Live. Kliek op die prentjie hierbo om die website te besoek.

Philip de Villiers

Nuus van oraloor…


‘n Gulsige luislang in Kampung Djabor, Maleisië het ‘n verwagtende skaap ingesluk…

Die koppe rol in Uruapan, Mexico.

€1 miljoen vir ‘n selfoon!

Nederland kry die eerste hotel, gebou van skeepscontainers.

‘n Suid-Afrikaanse tiener word met die dood bedreig omdat hy in ‘n irreterende advertensie speel. Kyk die filmpie!
Hulle het ook ‘n filmpie gemaak om die gewenste wraak uit te beeld! Kyk dit hier!

Iets oor Sebastiaan 
 
Elsabe Rademeyer - Onthou jy

Charlene se wenk vir in en om die huis:
“Ek het iets met eiers…”

Films:
United 93
Kisses and Caroms

Charlene gesels Sielkunde
Maak vir jou ‘n “Gevoel- en denkedagboek.”

Ons eindig potgooi 25 met Kop - Jy Tuimel My Onderstebo

As jy die potgooi wil download op jou hardeskyf, kliek hier regs en kies “save target as…

Tyd: 47:12
33 192kB


IMDB
IMDB rating: 5.3
My rating: 5
Dit lyk of hierdie mense ‘n pornofliek sou wou maak, maar nie kon bekostig om die akteurs te betaal om hulle klere uit te trek nie. Toe’t hulle maar ‘n fliek gemaak waar hulle net daaroor praat… Hierdie film het weinig om die lyf en hulle moes maar sukkel om hom die 1 uur en 17 minute lank te kry.
Nie vir kinders nie.


IMDB
IMDB rating: 7.9
My rating: 4
Toe ek Flight 93 gekyk het, het ek gedink dat dit maar ‘n swak fliekkie was. Ek het gedink dat die budget nie genoeg was om behoorlike akteurs te kry en ‘n behoorlike fliek te maak nie. Ek het besluit dat ek die “betere” fliek ook sou kyk. United 93 het egter swaar teleurgestel. Nie alleen was die fliek ontsettend uitgerek nie (meer as die helfte van die fliek speel in die kontrolekamer af), die fliek bevat géén nuwe feite nie en geen verassings nie. Waar Flight 93 die 1,5 uur volgemaak het, deur op die naasbestaandes van die slagoffers te fokus, gebruik United 93 die heen en weer gebrabbel in die kontrolekamer om die tyd vol te kry. Die meeste mense sal seker één van die films wil sien… Altwee is, myns insiens ‘n geldmakery uit ander se sentiment. Bly weg!
Vir almal.

Steve Hofmeyr

Steve Hofmeyr het ons vandag op sy blog genoem. Dankie Steve!

Moenie vergeet nie, op 11 September 2006, die onderhoud met Steve op Uitsaaines Live

Dis heerlike lente, die winter’s verby… Die nou as jy in SA bly!

Luister nou of, maak seker dat jy nooit ‘n potgooi mis nie, deur op ons RSS feed in te teken!

Ons spring weg met die lekker lewendige Pierré en Pauli - Toemaman

Ons agtergrondmusiek is Rudda - Metamorphosis (High on Desire)

Potgooinuus
Cybersakkie
Dankie aan al die mense wat ons gemail het, die afgelope week!


Ons saai vanaand lewendig uit op die Uitsaaines Live. Onthou, ons gesels elke Sondagmiddag om 15:00 (SA tyd) op Uitsaaines Live. Kliek op die prentjie hierbo om die website te besoek.

Nita Booyse - Neem my hand

Nuus van oraloor…


Bloedbad!!! - Nee, dis die jaarlikse tamatiegeveg in Buñol (Spanje)

Iets oor Sebastiaan

Elsabe Rademeyer - Die Wiel Sal Draai

Charlene se wenk vir in en om die huis:
Blykmiddel in die oond. Werk Coca Cola regtig?

Films:
De Griezelbus
La vida secreta de las palabras

Charlene gesels Sielkunde
Breek ‘n groot taak op in ‘n klomp kleintjies…

Ons eindig potgooi 24 met Plaak - Vladivostok

As jy die potgooi wil download op jou hardeskyf, kliek hier regs en kies “save target as…

Tyd: 47:43
34 366kB