June 2006



IMDB
IMDB rating: 5.3
My rating: 6
Nie te sleg nie, maar verseker nie Walt Disney se beste nie. Dit lyk of die Disney kamp wou kompeteer met Madagascar, wat ons verlede jaar uit die skatkamers van Dreamworks kon sien. Verskillende mense sal verskillende gunstelinge hê, myne was Madagascar. Maar dit beteken nie dat The Wild swak was nie.
Vir almal.


Net toe ons dog dat ons klank nou (byna) perfek is, kom ons agter dat ons potgooie in MONO opgeneem word!!!

Agtergrondmusiek van Saint Dragon

NuL - Laan van Smarte
Sokkernuus
Stefan Ludik - Missing You
Nog nuus
Cofield Mundi - Count me out
Geboorte in Nederland
Wenk vir in- en om die huis
Amanda Luyt - Mooiste Mens
Films: The Break-Up
            The Omen
            16 Blocks
Sielkundige wenk
NX - Brieweboks

Laat weet gerus van julle!!!

Luister nou of beter nog, teken in op ons feed!


IMDB
IMDB rating: 8.2
My rating: 6
Miskien het ek ‘n té hoë verwagting gehad van hierdie film. Dis goed, maar nie só goed nie. Persoonlik hou ek nie so baie van flieks waar een Rambo-agtige figuur teen ‘n hele army veg nie. Ek vind dit onrealisties.
Te bloederig vir kinders.


IMDB
IMDB rating: 6.6
My rating: 7
Weer ‘n lekker Bruce Willis fliek! Hy moet, as redelike bejaarde cop, ‘n getuie 16 blokke vêr begelei om teen hom te getuig… Baie kan gebeur in 16 blokke in NY se strate…
Te veel geskiet vir die kinders.


IMDB
IMDB rating: 5.5
My rating: 5
‘n Remake van die 1976 film. Hulle kon dit eintlik maar gelos het. Daar’s bloed en daar’s spanning, maar nie genoeg vir die egte horror fan nie. Laat hierdie een maar lê…
Nie vir kinders nie.


IMDB
IMDB rating: 5.8
My rating: 7
Eindelik weer ‘n film wat mens regtig kan aanbeveel. Wanneer Brooke besef dat Gary nie gaan verader nie, verbreek sy in ‘n woedebui die verhouding. Was sy oorhaastig? Mens kan nie regtig besluit aan wie se kant jy wil wees in hierdie fliek nie. My vrou het die man jammer gekry, ek het die vrou jammer gekry. Mens word kwaad vir beide, mens het medelye met albei… Na die tyd het die gevoel van die fliek nog ure binne my gehang. Ek hou daarvan as dit gebeur.
Vir almal.


Vanaand gesels ons sommer lekker los… Oor die ander potgooiers, oor pedofiele se party, Wuppies, voetbal (klein bietjie) ens…


Download die Wuppieliedjie
Kyk die Mentos en Coke fontein video

Flieks vanaand is Over The Hedge, Failure To Launch en Cars

Charlene gee tips en gesels sielkunde.

Ons hoop julle geniet ons geklets
Machiel en Charlene

Kliek hier om te luister! | Skryf in op ons RSS Feed


IMDB
IMDB rating: 7.9
My rating: 6.5
Wanneer Lightning McQueen van die trok afval, beland hy êrens op die verlate Route 66 in ‘n verlate dorpie wat heeltemal nie sonder interessanter karakters is nie. Of is dit nou KAR-rakters :-)
‘n Moet sien vir oud en jonk.


IMDB
IMDB rating: 5.5
My rating: 5
Baie voorspelbare romantiese komedietjie. Dit was amper ‘n nice fliek, maar daar is soveel simpel stukkies ingegooi dat die fliek “fail to launch”! Dis die moeite werd om te kyk, maar moenie sê jy was nie gewaarsku nie!
Alle ouderdomme.


IMDB
IMDB rating: 7.3
My rating: 6
Oulike fliekie oor ‘n klompie diere wat, as hulle uit hulle winterslaap ontwaak, sien dat daar ‘n nuwe woonbuurt in hulle bos gebou is… Van die makers van Shrek en Madagascar, met onder andere die stemme van Bruce Willis en Nick Nolte.
Vir almal.

Next Page »