
IMDB
IMDB rating: 6.4
My rating: 7
Hoewel hierdie fliekie se grens soms bietjie té vêr is, is dit verseker die moeite werd om te kyk. Hy’t pas ‘n biljoen dollar vir sy werkgewer verloor, dan hoor hy ook dat sy Pa dood is. Hy gaan dan na Elizabethtown om sy Pa te begrawe…
Vir alle ouderdomme.
May 2006
Wed 31 May 2006
Sun 28 May 2006
![]()
IMDB
IMDB rating: 6.9
My rating: 6
Oulike fliek oor ‘n jong man wat nog sy duim suig. Nie almal se smaak nie.
Alle ouderdomme.
Fri 26 May 2006

Navi Redd kuier saam met ons!!!
Soos altyd begin ons met nuusies uit die potgooiwêreld.
Nuwe podcast uit Nederland Laura Speaks Dutch - leer Nederlands praat!
Nuusbrokkies van oor die wêreld.
Almal in Nederland, kan gerus Die Spens besoek!
Flieks: Long Distance, Lord Of War en The Da Vinci Code.
Moenie vergeet van die podcastkonfensie in Den Haag, op 3 Junie!!! (Vir dié wat wil begin potgooi!)
Charlene gee ‘n wenk en gesels sielkunde
Onderhoud:

Besoek die website van Navi Redd.

Plaas gerus komentaar by hierdie potgooi.
Kliek hier om te luister! | Skryf in op ons RSS Feed
Wed 24 May 2006

IMDB
IMDB rating: 6.5
My rating: 7
Die voordeel daarvan, as ´n fliek oral afgekraak word, is dat mens vinnig verras word deur die film. Ek het ´n jaar of wat terug die boek gelees, so ek het nogal uitgesien na die fliek. Ek was verseker nie teleurgesteld nie. Daar was plekke waar ek gevind het dat die film te vinnig oor sommige details gaan en andere plekke was weer langdradig, maar ek dink ook dat DVC nie ´n maklike boek is om te verfilm nie.
Mens moet jouself oopstel voor jy die fliek gaan kyk, want daar word op ´n alternatiewe manier na die Christelike geloof gekyk.
Ek sien nie waarom alle ouderdomme nie na die fliek kan kyk nie, maar ek sal wel die kinders begelei… (Daar is bietjie bloed ook in die film!)
Mon 22 May 2006

IMDB
IMDB rating: 7.6
My rating: 8
Wat ´n verrassing! Ek was regtig nie lus om hierdie film te kyk nie. Wat kan so interessant wees aan ‘n film oor iemand wat ryk word deur die lewens van ander mense in gevaar te stel? Ek beveel hierdie film ten sterkste aan.
Nie vir kinders nie.
Sun 21 May 2006
IMDB
IMDB rating: 5.1
My rating: 6
Nie ‘n supergoeie fliek nie, maar wel die moeite werd om te kyk. Volgens my maar ‘n low budget fliekie.
Vir alle ouderdomme.
Thu 18 May 2006

Kliek hier om te luister! | Skryf in op ons RSS Feed
Lekker “On the fly” potgooi!
Flieks: Inside Man, Crazy Monkey Presents Straight Outta Benoni, Human Trafficking en Date Movie.
Charlene gee ‘n wenk en gesels sielkunde
Onderhoud:

Besoek die website van Philip de Villiers.

Plaas gerus komentaar by hierdie potgooi.
Kliek hier om te luister! | Skryf in op ons RSS Feed
Wed 17 May 2006

IMDB
IMDB rating: 2.7
My rating: 3
Mens het geweet hierdie film sal nie ‘n Oscar wennaar wees nie…!!! Hoekom het mens dan daarna gekyk? Ek weet nie. Omdat dit maklik was? Wat ´n super swak fliek!!!
Vir alle ouderdomme.
Sun 14 May 2006

IMDB
IMDB rating: 7.5
My rating: 7
Hierdie film is vir TV gemaak. Dit is ‘n ontsettend ontstellende film. Ek het nog net die helfte gesien, maar wil almal aanraai om dit te kyk. Dit is nie ‘n ware verhaal nie, maar kon net sowel gewees het, want dit gebeur in die wêreld waar ons leef. Hoewel die tema baie seksueel en ontstellend is, word dit nie uitgebuit in die film nie. Inteendeel, die film versag die tema eerder. Nie dat dit dit soveel makliker maak om te verteer nie.
Nie vir kinders nie, maar ouers kan gerus hulle kinders opvoed om waaksaam te wees hiervoor.
Thu 11 May 2006
Crazy Monkey Presents Straight Outta Benoni (2005)
Geplaas deur potgooi onder Machiel se FilmblogLewer gerus kommentaar

IMDB
IMDB rating: 5.3
My rating: 3
Was maar ´n swak fliekkie!!! Wou dit graag sien omdat ek nie geweet het wie Brett Goldin is (was) nie. Dis nou die akteur wat op 16 April 2006 in Kaapstad vermoor is. Sad as dit jou life’s work is…
Vir alle ouderdomme
