April 2006


Kliek hier om te luister! | Skryf in op ons RSS Feed

Ons negende potgooi se progam is soos volg:
Potnotas:
1. ‘n Paar interessante nuusbrokkies.
In Woerden het bouers “per ongeluk” die woord LUL in ‘n huis se gewel gemessel.

2. Ons onderhoud met Brenno de Winter van ICT Roddels.
3. Wenk vir die week.
4. Flieks.
— 1. Ice Age 2 The Meltdown
— 2. Scary Movie 4
In SA begin vandag Prime en Shopgirl
5. Charlene gesels sielkunde
6. Onderhoud:

Besoek die website van Pierré en Pauli.
Mail hulle!

Musiek
Ons begin met Pierré & Pauli - Bietjie van jou Tyd
Ons agtergrondmusiek is Pierré & Pauli - Boland en Teen Skemer
Ons begin die onderhoud met Pierré en Pauli met Pierré & Pauli - As ek wou
Tydens die onderhoud draai ons 
Pierré & Pauli - Die Here is my Herder
Pierré & Pauli - Ek wil U loof
Pierré & Pauli - Vakansie
Pierré & Pauli - Iewers in Afrika
Ons speel uit met Pierré & Pauli - Toema Man
Kontak
- Mail ons asseblief met vrae, voorstelle of kommentaar op
potgooi[a]planet.nl
Vervang die [a] met ‘n @.
- Plaas gerus komentaar by hierdie potgooi.

Geniet ons negende potgooi!
Machiel en Charlene
Kliek hier om te luister! | Skryf in op ons RSS Feed

IMDB
IMDB rating: 5.5
My rating: 3
Nou ja, ek moet bieg dat ek ‘n keer of twee lekker gelag het. Maar dit was nie genoeg om hierdie fliekie enigsins die moeite werd te maak nie. Onder andere “War of the Worlds”, “The Village”, “Saw”, en “The Grudge” kom verby.
Vir (byna) alle ouderdomme.

IMDB
IMDB rating: 6.9
My rating: 6
Die karaktertjies van die eerste Ice Age film is terug met nuwe vriendjies (en vriendinnetjies). ‘n Oulike fliek, maar nie briljant nie.
Vir alle ouderdomme.

Kliek hier om te luister! | Skryf in op ons RSS Feed

Ons agtste potgooi se progam is soos volg:
Potnotas:
1. Potgooi Promo´s
2. ‘n Paar interessante nuusbrokkies.
Die Duitse Bondskanselier, Angela Merkel, se kaal boude is hierdie week in The Sun, Londen gepubliseer. Tot groot ontsteltenis van die Duitsers.

3. Wenk vir die week.
4. Ons gesels bietjie met Louis oor Duitsland.
5. Flieks.
— 1. Basic Instinct 2
— 2. Hostel
6. Charlene gesels sielkunde
7. Onderhoud:

Besoek die website van Kop! (Download gratis musiek!)

Musiek
Ons begin met Kop - Bedroef
Ons agtergrondmusiek is Oddsprite - Begin Again
Ons agtergrondmusiek tydens die onderhoud met Louis is Arschpopeng - Popeng Polka
Ons agtergrondmusiek tydens die onderhoud met Kop is Kop - Agtergrondgeraas
Tydens die onderhoud draai ons Kop - Tussen-In en Swartryp
Ons speel uit met Kop - Jy Tuimel My Onderstebo
Kontak
- Mail ons asseblief met vrae, voorstelle of kommentaar op
potgooi[a]planet.nl
Vervang die [a] met ‘n @.
- Plaas gerus komentaar by hierdie potgooi.

Geniet ons agtste potgooi!
Machiel en Charlene
Kliek hier om te luister! | Skryf in op ons RSS Feed

IMDB
IMDB rating: 5.9
My rating: 6
Hierdie is nie ´n film vir mense wat swak mae het nie! Die film loop oor met grafiese geweld. Maar, as mens dit regkry om verby die swak acting, die vele topless meisies en die bloed wat vrylik vloei, te kyk, is dit tóg ´n genotvolle film! Dit sal egter in ´n klein groepie mense se smaak val. Die custard uit die oog van daai chinagirl kon hulle maar gelos het…
Beslis nie vir kinders nie.

IMDB
IMDB rating: 2.9
My rating: 6
Nou ja, ek weet nie waarom hierdie fliek sulke swak beoordelings kry op IMDB nie! Ek het dit nie so swak gevind nie, inteendeel. As jy gaan om die naaktheid van die eerste Basic Instinct te sien, gaan jy teleurgesteld wees… Hierdie fliek se taal is wel skokkend, maar die visuele was veel erger in die eerste film. Die storie is heeltemal nie voorspelbaar nie en mens bly raai tot aan die einde, selfs daarna… Kyk dit gerus!
Nie vir kinders of Ouma’s en Oupa’s nie.

Kliek hier om te luister! | Skryf in op ons RSS Feed

Ons sewende potgooi se progam is soos volg:
Potnotas:
1. Nuwe potgooier: Clickkliek, nou in Afrikaans!
2. ‘n Paar interessante nuusbrokkies.
3. Wenk vir die week.
4. Juan het gebel van die KKNK!
5. Flieks.
— 1. Cheaper By The Dozen II
— 2. Pride And Prejudice
— 3. Final Destination 3
— 4. Bee Season
— 5. Where The Truth Lies
6. Charlene gesels sielkunde
7. Onderhoud:

Download hier gratis musiek van Aural Aphasia!

Musiek
Ons begin met Aural Aphasia - Eendag Was Daar
Ons agtergrondmusiek is Aural Aphasia - Broken Valentine
Tydens die onderhoud draai ons Aural Aphasia - “Gebed” en “Meeting”
Ons speel uit met Aural Aphasia - Onvoltooide Tyd
Kontak
- Mail ons asseblief met vrae, voorstelle of kommentaar op
potgooi[a]planet.nl
Vervang die [a] met ‘n @.
- Plaas gerus komentaar by hierdie potgooi.

Geniet ons sewende potgooi!
Machiel en Charlene
Kliek hier om te luister! | Skryf in op ons RSS Feed

IMDB
IMDB rating: 4.7
My rating: 4
Ag ja… Ek sê liewer niks.
Vir alle ouderdomme. Maar liewer nie!

IMDB
IMDB rating: 7.7
My rating: 6
Hierdie tipe flieks is vir my altyd so moeilik om te begin kyk. As mens dan eindelik so vêr is, geniet ek dit meestal wel. Ek sien egter nie die rede waarom so baie mense so rave oor hierdie tipe flieks nie. Okay, ek weet dis ‘n classic, maar hoekom? Só besonder is dit nie…
Alle ouderdomme.

IMDB
IMDB rating: 6.6
My rating: 6.5
Vyftien jaar na ´n moord op ´n beeldskone vrou, begin ´n skryfster navorsing te doen om ´n boek te skryf oor haar held. Hierdie fliek bevat nogal heavy sekstonele!
Nie vir kinders nie. Oopkop Ouma´s en Oupa´s kan saamkyk.

Next Page »