March 2006


http://www.imdb.com/title/tt0412080/
IMDB rating: 8.1
My rating: 7.5
Die ware verhaal van Burt Munro, uit New Zeeland, wat in 1967 die wêreldrekord gebreek het met sy Indian motorfiets uit 1920. Dit is ´n inspirerende fliek wat ek graag aanbeveel. (Ek was glad nie lus om dit te kyk nie, maar ek is bly ek het).
Vir alle ouderdomme.

Hier’s ons weer met ons vyfde potgooi. Ons vyfde progam is soos volg:
Potnotas:
1. Nuwe potgooier: Moddereiland
2. ‘n Paar interessante nuusbrokkies.
3. Wolhaarstories
4. Wenk vir die week.
5. Flieks.
— 1. Paradise now
— 2. Capote
— 3. Exorcism: The Possession of Gail Bowers
- Lees meer oor die flieks op ons Blog
6. Charlene gesels sielkunde - Wees konkreet
7. Onderhoud

Besoek die website van Thys Nywerheid!

Musiek
Ons agtergrondmusiek is Trancaction - Trance Action deur Bijoy Thangaraj , van die Podsafe Music Network.
Kontak
- Mail ons asseblief met vrae, voorstelle of kommentaar op
potgooi[a]planet.nl
Vervang die [a] met ‘n @.
- Plaas gerus komentaar by hierdie potgooi. 

Geniet ons vyfde potgooi!
Machiel en Charlene

Kliek hier om te luister! 
Skryf in op ons RSS Feed 

http://www.imdb.com/title/tt0379725/
IMDB rating: 7.9
My rating: 6
Philip Seymour Hoffman verdien verseker die Oscar wat hy vir sy vertolking van die rol van man Capote gekry het. Maar og, ek het sy aksent sóóó superirriterend gevind. Die fliek self is ook maar lank en vervelig…. Party mense sal seker rave daaroor, siendie dat hy nogal ´n hoë rating op imdb gekry het.
Vir alle ouderdomme.

http://www.imdb.com/title/tt0445620/
IMDB rating: 7.8
My rating: 6.5
Twee vriende moet ´n selfmoordaanslag in Tel Aiv gaan pleeg. Hierdie is ´n swaar fliek, maar baie mooi.
Vir alle ouderdomme.

http://www.imdb.com/title/tt0490919/
IMDB rating: 4.0
My rating: 5
Hierdie film is direk op dvd uitgereik. Dan verwag jy nie veel nie. Ek was aangenaam verras, hoewel hierdie maar net nog ´n remake van die tipiese exorcist fliekies is…
Verseker nie vir kinders of Ouma en Oupa nie.

Hier’s ons weer met ons vierde potgooi.Ons vierde progam is soos volg:
Potnotas:
1. ‘n Paar interessante nuusbrokkies vanuit ons deel van die wêreld.
2. Wolhaarstories
3. Iets oor die weer, oftewel ‘n paar feite oor die lengte van dae in Nederland.
4. Wenk vir die week.
5. Flieks.
— 1. Stay
— 2. Big Momma’s House II
— 3. Derailed
— 4. Walk The Line
— 5. Transamerica
- Lees meer oor die flieks op ons Blog
6. Charlene gesels sielkunde - Waarheid
7. Onderhoud

Besoek die website van NuL en download hulle musiek!!!

Musiek
Ons agtergrondmusiek is Klavar - Arrival en Osunlade - Casablanca Soul, van die Podsafe Music Network.
Kontak
- Mail ons asseblief met vrae, voorstelle of kommentaar op
potgooi[a]planet.nl
Vervang die [a] met ‘n @.
- Plaas gerus komentaar by hierdie potgooi.

Geniet ons vierde potgooi!
Machiel en Charlene

Kliek hier om te luister!
Skryf in op ons RSS Feed

http://www.imdb.com/title/tt0371257/
IMDB rating: 6.9
My rating: 6.5
Ag flippit! Ek het hierdie fliek nie verstaan nie… Ek het tog die fliek geniet, vandaar dat ek dit ‘n redelike goeie punt wil gee. Die fliek gaan oor dooie mense in ‘n stadium tussen die lewe en die dood. Maar wie’s dood en wie’s lewendig? Ek wil die fliek weer kyk, maar ek weet ook nie of ek dit beter sal verstaan as ek dit weer kyk nie… Die skakeling tussen verskillende scenes in die fliek is stunning!!!
Ek sou die fliek nie vir kinders of vir Oumense aanbeveel nie.

http://www.imdb.com/title/tt0398017/
IMDB rating: 5.9
My rating: 7
‘n Superspannende fliekie. ‘n Affair kan jou baie geld kos!
Nie vir kinders nie.

http://www.imdb.com/title/tt0421729/
IMDB rating: 3
My rating: 3
Wat ´n super swak fliek. Maar ja, mens het dit verwag, né….
Vir alle ouderdomme. 

http://www.imdb.com/title/tt0358273/
IMDB rating: 8
My rating: 7
´n Superfilm! Die biografie van Johnny Cash. ‘n Moetsien fliek! Ook al is jy nie ‘n Cash-fan nie, oppas net, die fliek maak jou dalk ‘n fan!!!
Vir alle ouderdomme.

Next Page »