February 2006


http://www.imdb.com/title/tt0436524/
IMDB rating: 7.4
My rating: 6.5
Na die dood van die Ma, moet die sussie die boetie, wat verstandelik gestrem is, oppas. Dit lei tot allerlei probleme as sy haar eie lewe wil lei. Hierdie is ´n swaar fliek en nie eintlik “nuut” nie, maar verseker die moeite werd om te kyk.
Alle ouderdomme.

http://www.imdb.com/title/tt0422272/
IMDB rating: 5.9
My rating: 5
Daar loop ´n spook in die hospitaal rond. Dit was amper ´n goeie fliek, maar hy kort spanning en die einde was ´n pot snot. Ek het heimlik gewens die spook wil vir Ally McBeal beetkry!
Nie regtig vir kinders nie.

Ons luister graag na Afrikaanse potgooie en, omdat daar nog geen potgooi van die Europese vasteland is nie, het ons besluit om ook ‘n keer te probeer. Ons eerste potgooi is nie volmaak nie. Ons klanklevels is maar amateuragtig. Charlene veral is met tye baie moeilik hoorbaar. Machiel uhmmm te veel en belowe om daaraan te werk. Die potgooi is gemaak op ‘n laptoppie wat nog op parrafien draai. Ons het net een mikrofoon, wat eintlik net bedoel is vir MSN Video Chat. Dis die eerste keer wat ons met Audacity kennis gemaak het (lieflike programmetjie en GRATIS! http://audacity.sourceforge.net/)

O ja, seker ook belangrik om te sê, ons saai uit van Nederland.
Ons eerste progam is soos volg:
Potnotas:
1. ‘n Paar interessante nuusbrokkies vanuit ons deel van die wêreld.
2. Die top drie liedjies op die Nederlandse Top 40 is:

  • 3. Aanzoek Zonder Ringen - BLØF
  • 2. Because Of You - Kelly Clarkson
  • 1. Because We Believe - Andrea Bocelli & Marco Borsato

3. Iets oor ons weer.
4. ‘n Bietjie oor ons eie week.
5. Van die Podsafe Music Network speel ons:
Strip - Larry Winfield
6. Algemene wenke:
Charlene vertel meer oor ontkiemende saadjies.
7. Flieks.

  • 1. Aeon Flux
  • 2. The Alibi

8. Charlene gesels sielkunde
Musiek
Ons agtergrondmusiek is Be Reborn van danielreal2k, van die Podsafe Music Network.
Kontak
- Mail ons asseblief met vrae, voorstelle of kommentaar op potgooi[a]planet.nl - Vervang die [a] met ‘n @.
- Plaas komentaar by hierdie potgooi.

Geniet ons eerste potgooi!
Machiel en Charlene

Kliek hier om te luister!
Skryf in op ons RSS Feed

http://www.imdb.com/title/tt0186151/
IMDB rating: 7.4
My rating: 6
As hy 30 jaar later die tweerigtingradio van sy pa weer koppel, hoor hy ´n stem uit die verlede… Die film was nie te sleg nie, maar die laaste deel was maar afbrekend…
Vir alle ouderdomme.

http://www.imdb.com/title/tt0409681/
IMDB rating: 5.8
My rating: 6.5
Hierdie mense sorg daarvoor dat jy ´n alibi het en dat jou vrou (of man) jou nie uitvang as jy ´n aandjie vreemdgaan nie. Tot hulle eendag self ´n alibi nodig het… ´n Baie oulike fliekie! Die laaste deel van die film was supergoed!
Nie vir kinders nie.

http://www.imdb.com/title/tt0402022/
IMDB rating: 5.3
My rating: 5
In 2011 sterf 99% van die aarde se bevolking. 400 jaar later verskyn Charlize Theron op die toneel as Aeon Flux, ´n “Monicon” wat die regering wil omvêrgooi. Flou fliekie. Supersterk Charlize Theron. Ek bly ´n fan van haar.
Is dit vir kinders? Seker maar, maar niemand mis iets deur dit nie te kyk nie.

http://www.imdb.com/title/tt0408306/
IMDB rating: 7.8
My rating: 6.5
Nou ja, Steven Spielberg is terug. ´n Swaar fliek oor die gyseling van die Israeliese olimpiese span tydens die spele in Munich, 1972. Hierdie is ´n goeie film, maar met tye baie lank en die geweld is met tye baie grafies.
Verseker nie vir kinders nie!

http://www.imdb.com/title/tt0380366/
IMDB rating: 7.3
My rating: 7
´n Baie mooi fliek oor die liefdesverhouding tussen ´n Engelse vrou en ´n Indiër man. Familieprobleme, godsdiens en lewenssiening staan in hulle pad…
Hete seksscenes maak dat kinders nie hierna kan kyk nie.

http://www.imdb.com/title/tt0352994/
IMDB rating: 7.5
My rating: 7
´n Isrealiet begelei ´n Duitse toeris wat verdink word dat sy familie betrokke was by die hollocaust. Hierdie is ´n baie mooi film!
Nie vir kinders nie.

http://www.imdb.com/title/tt0369441/
IMDB rating: 5.8
My rating: 7
Inderdaad fun om te kyk na al die manewales van Dick en Jane!
Alle ouderdomme.

Next Page »