January 2006
Monthly Archive
Sat 28 Jan 2006

http://www.imdb.com/title/tt0338427/
IMDB rating: 6.8
My rating: 7
Nou ja, as jy gehou het van Sleepless in Seatle, hier is weer ´n romantiese fliekie wat verseker die moeite werd is om te kyk.
Te veel onder die lakens aksie vir die jonge jonges!
Fri 27 Jan 2006

http://www.imdb.com/title/tt0373900/
IMDB rating: 4.1
My rating: 4
Ek weet nie of dit die bedoeling was nie, maar die filmmakers het wél daarin geslaag om mens te laat dink dat jy na ´n fliek kyk wat nie net in 1978 afspeel nie, maar ook in 1978 gemaak is… Die film is deurspek met boobs, dwelms en growwe taal. Bloed ook. Verder is dit regtig maar ´n flou fliekie.
Verseker nie vir kinders nie.
Wed 25 Jan 2006

http://www.imdb.com/title/tt0404030/
IMDB rating: 7.6
My rating: 7
´n Vars fliek oor ´n Amerikaanse Jood wat na Ukraine gaan om meer te wete te kom oor sy familie se ervaring tydens die tweede wêreldoorlog.
Alle ouderdomme.
Tue 24 Jan 2006

http://www.imdb.com/title/tt0267891/
IMDB rating: 5.3
My rating: 5
So-so fliekie oor iemand wat voorgee dat hy verstandelik gestremd is, om sodoende deel te kan neem aan die “Special Olympics”. Totaal onrealisties. Jy´t nie veel grysstof nodig om hierdie fliek te kyk nie, hoe minder jy het, hoe beter. Ek het die fliek wel klaargekyk, dit sê seker meer oor my as wat ek wil sê…
Vir alle ouderdomme.
Mon 23 Jan 2006

http://www.imdb.com/title/tt0406375/
IMDB rating: 5.8
My rating: 5
Hierdie is eintlik maar ´n remake van Jumanji. Die voordeel is dat outjies wat nou tien jaar oud is, Jumanji nie gesien het nie. Hulle sal Zathura baie geniet. Ek sou eerder weer na Jumanji kyk.
Alle ouderdomme.
Sun 22 Jan 2006

http://www.imdb.com/title/tt0418627/
IMDB rating: 2.8
My rating: 4
´n Briljante collage van beelde en geluide. Dit lyk amper soos ´n 90 minute lange popmusiekvideo. Alles is daar wat mens nodig het in ´n horrorfilm. Alleen twee dinge mis: ´n storie en die spanning! Hierdie fliekie het nie vir my “gewerk” nie.
Bly weg van hierdie een. Nie vir kinders nie!
Sat 21 Jan 2006

http://www.imdb.com/title/tt0312004/
IMDB rating: 8.1
My rating: 7
Hierdie is ´n moet sien vir alle Wallace & Gromit fans!!! Ek was bang dit word langdradig, omdat die ander W&G flieks nie langer as 30 minute elk was nie. Maar nee, hierdie enetjie het ek gate uit geniet. Die film is deurspek met flymskerpe subtiele humor, soos ons van W&G gewoond is. Ek wil meer hiervan hê!
Vir almal - en almal sou dit moet kyk!
Sat 21 Jan 2006

http://www.imdb.com/title/tt0089218/
IMDB rating: 7.2
My rating: 6
Hierdie is ´n heerlike fliek vir seuns van rond die 12 jaar (en alle ander Indiana Jones aanhangers). Lekker avontuurlike “skoon” vermaak. Tog jammer vir die losse manier wat daar ook in kinderflieks soos hierdie met God se naam omgegaan word! Toe iemand in verbasing uitroep “Holy Mary, sweet mother of God” het dit soos ´n toothpick dwars in my keel bly sit. Ek kan makliker teen ´n woord soos FUCK. Behalwe vir die naam van God wat ´n paar keer verbykom, word daar verder geen vloekwoorde in hierdie fliek gebruik nie.
Vir almal, veral vir jong seuns!
Fri 20 Jan 2006

IMDB
IMDB rating: 8
My rating: 5
Ag asseblief. Hierdie is ´n lang langdradige fliek. Pretensieuse bullshit! Ek het twee dae gevat om hierdeur te worstel, omdat ek die eerste keer aan die slaap geraak het.
Ek en my vrou kon nie besluit op watse ouderdom mens jou kind aan so iets moet/kan blootstel nie. In anyway, daar´s boobs (heel vinnig), so, as jy nie jou kind wil toelaat om boobs te sien nie, moenie dat hy die fliek kyk nie. Tipies Amerikaans, word daar nie veel van die manlike liggaam blootgelê nie. En ons dog almal dis ´n gayfliek!!! Ek dink soms die Amerikaners is bang hulle vroue sien dat ander mans se piepietolle groter is as hulle s´n!
Thu 19 Jan 2006

http://www.imdb.com/title/tt0365485/
IMDB rating: 7.3
My rating: 6.5
Pierce Brosnan is ´n huurmoordenaar. Greg Kinnear is ´n (bietjie desperate) besigheidsman. Die twee ontmoet mekaar in Mexico City… ´n Bogemiddeld goeie fliek.
Vir almal.
— Next Page »