December 2005


http://www.imdb.com/title/tt0449077/
IMDB rating: Not yet rated
My rating: 6
Na 10 jaar kom hulle toe met ´n opvolg van The Net. En pragtig, die net wat vir 2006 bestem is, beland toe al in 2005 op die internet. Dit is nie ´n slegte fliek nie, maar dit sal nie weer so ´n blockbuster wees soos die eerste The Net nie, meestal omdat daar nie weer ´n Sandra Bullock die hoofrol speel nie. Die feit dat daar nie ´n bekende aktrise die hoofrol vertolk nie, gee die film ´n bietjie ´n “goedkoop” gevoel. Die storie is goed… Eintlik maar dieselfde as die eerste Net.
Nie regtig vir kinders nie.

http://www.imdb.com/title/tt0380599/
IMDB rating: 6.8
My rating: 6
Nou ja, ek dog, gesien dat Roman Polanski hierdie fliek direct het, dat daar ‘n paar verassings in sou wees… Helaas. As jy die storie van Oliver Twist ken, gaan dit vir jou voel of jy hierdie fliek al gesien het… Dit beteken nie dat dit ‘n swak film is nie.
Alle ouderdomme.

http://www.imdb.com/title/tt0387514/
IMDB rating: 5.9
My rating: 7
My tone het gekrul van die lekkerte in hierdie komedie. Sy lap al haar liefdesgeheime uit by haar sielkundige - wat toe al die tyd haar boyfriend se ma is!!! Kyk gerus, as jy van (romantiese) komedies hou.
Nie regtig vir die kinders nie.

http://www.imdb.com/title/tt0377107/
IMDB rating: 7.1
My rating: 7
Die skeiding tussen briljant en stapelgek is maar klein. Haar Pa was briljant, maar het toe hy 26 was, ‘n paar van sy albasters verloor… Sy’s briljant, maar sy’s nog nie 26 nie…
Alle ouderdomme, maar eintlik meer bedoel vir grootmense.

http://www.imdb.com/title/tt0350258/
IMDB rating: 7.9
My rating: 7
Ek het lank uitgestel om hierdie fliek te kyk. Ek het gedink dat ek nie ‘n Ray Charles fan was nie. Ek was aangenaam verras!
Nie vir die kinders nie.

http://www.imdb.com/title/tt0157583/
IMDB rating: 6.6
My rating: 6
‘n Klomp kodekrakers in Engeland probeer die Duitsers ore aan te sit, tydens die tweede wêreldoorlog. Goeie film.
Nie vir die kinders nie.

http://www.imdb.com/title/tt0361467/
IMDB rating: 4.4
My rating: 5
Sug. Ja, dis ‘n Disney fliekie, vir tiener meisies. Hier en daar was dit oulik, maar dis meestal alleen vir tiener meisies bedoel.
Alle ouderdomme.

http://www.imdb.com/title/tt0295238/
IMDB rating: 6.6
My rating: 6.5
Drie kort fliekies in een. Al drie fliekies eindig sonder eindes. Lekker om te kyk, maar dit laat mens nie soveel nadink as wat ek dink die bedoeling van die director was nie.
Nie vir die kinders nie.

http://www.imdb.com/title/tt0373926/
IMDB rating: 6.6
My rating: 6
Terwyl sy by die VN werk as tolk, hoor sy hoe mense beplan om die president van een of ander onbekende Afrika land te vermoor.
Nie vir die kinders nie.

(Spaans) The Motorcycle Diaries
http://www.imdb.com/title/tt0318462/
IMDB rating: 7.9
My rating: 7
Twee vriende vertrek met ‘n motorfiets op ‘n 8 000km lange toer van Suid-Amerika. ‘n Moet sien fliek!
Vir alle ouderdomme.

Next Page »