November 2005


http://www.imdb.com/title/tt0393775/
IMDB rating: 8.6
My rating: 7
´n Baie goeie Nederlandse film.
Nie vir kinders nie.

http://www.imdb.com/title/tt0382073/
IMDB rating: 7.3
My rating: 7
´n Baie goeie film.
Te veel gepraat vir kinders.

http://www.imdb.com/title/tt0311648/
IMDB rating: 7.3
My rating: 8.5
Hierdie is ´n definitiewe moet sien film! Pragtig. April kook. Pappa, Mamma, Boetie, Sussie en Ouma is uitgenooi vir Thanksgiving. Hou die snesies maar byderhand as jy hierdie teer film kyk!
Nie vir die kinders nie… Weet nie hoekom nie.

http://www.imdb.com/title/tt0402901/
IMDB rating: 4.5
My rating: 4
Vroeër hierdie maand het ek Descent gesien. Hierdie fliekie is amper ´n copy daarvan. Altwee films het hierdie jaar uitgekom. Dat twee heel verskillende mense in een jaar met sulke swak films tevoorskyn kan kom, gaan my verstand te bowe. Moenie geld mors hierop nie!
Ek dink hierdie fliek is bietjie scary vir klein kinders.

http://www.imdb.com/title/tt0355295/
IMDB rating: 5.9
My rating: 6
´n Rare fliekie. Amper briljant, maar vêr mis! Met tye nogal grappig, maar dis ook nie ´n komedie nie… Met tye scary, maar dis nie ´n horror nie. Verseker apart… Maar ook nie regtig vars nie. Shrek het tog ook al sprokies betrek.
Nie vir te jong mense, of te oues nie.

http://www.imdb.com/title/tt0366920/
IMDB rating: 5.6
My rating: 5
As selfs my vrou ´n romantiese komedietjie flou vind, is hy regtig flou!!!
Vir alle ouderdomme, maar liewer nie.

http://www.imdb.com/title/tt0348593/
IMDB rating: 6.9
My rating: 7
Ek het nou agter gekom dat ek hou van daai “grepie uit die lewe” tipe flieks. Films wat sommer net oor niks gaan. Films wat jou weereens laat besef hoe ´n rare wonderlike skepsel die mens is. Moet my nie verkeerd verstaan nie, hierdie is definitief nie ´n vervelige fliek nie.
Vir die belangstellendes, ´n full frontal nude shot van Mimi Rogers - erger nog, ook van agter is daar geen selluliet te vinde!!! Vir 50 jaar oud lyk sy fokken stunning!!!
Nie vir kinders nie. Ouma´s en Oupa´s mag maar saamkyk, as hulle bg kan uitstaan!

http://www.imdb.com/title/tt0350811/
IMDB rating: 5.1
My rating: 5
Die voorganger van Stephen King se Rose Red is maar flou.
Almal sal dit kan kyk, maar moet liewer nie.

http://www.imdb.com/title/tt0171804/
IMDB rating: 7.6
My rating: 7
´n Ware verhaal oor ´n meisie wat nie weet of sy wil sit of staan en piepie nie. Sad. Baie sad. Goeie film.
Natuurlik nie vir kinders of preutse ouma´s nie!

http://www.imdb.com/title/tt0085382/
IMDB rating: 5.4
My rating: 7
Ek het hierdie film (hoewel oud) baie goed gevind.
Natuurlik nie vir klein kinders of oues met swak harte!

Next Page »