Sun 29 Jun 2008
‘n Onderhoud met Leonard cohen, so drie weke gelede…
Leonard Cohen Live from Macleans Magazine on Vimeo.
Sun 29 Jun 2008
‘n Onderhoud met Leonard cohen, so drie weke gelede…
Fri 9 May 2008

IMDB
IMDB rating: 5.4
My rating: 6
Henry Durand (Colin Hanks) kry as jong FBI-agent die vreemde opdrag om sy eie Ma (Meg Ryan) dop te hou. Die rede is dat sy ‘n verhouding het met ‘n vermeende kunsdief, Tommy (Antonio Banderas). ‘n Kykbare fliek, hoewel dit nooit regtig hoogtes bereik nie.
Almal.
Sun 16 Dec 2007

IMDB
IMDB rating: 5.9
My rating: 6
Net wanneer dit wil lyk of Eddie Cantrow (Ben Stiller) nooit vrou sal kry nie, ontmoet hy die pragtige Lila. As hulle hals oor kop trou, kom hy al op die wittebroodsreis agter dat hy ‘n fout gemaak het. Veral as hy dan die pragtige Miranda ontmoet. Die fliek het ook weer van die momente wat mens laat wonder waarom dit nou juis in die film gesit is, maar oor die algemeen is dit ‘n lekker terugsit en geniet komedie.
Nie vir kinders nie.
Sat 15 Dec 2007

IMDB
IMDB rating: 7.1
My rating: 7
April Epner (Helen Hunt) beleef in ‘n baie kort tydjie, sommer baie drama in haar lewe. Haar aanneemmoeder gaan dood, haar man wil skei, nadat hulle maar ‘n paar dae getroud is. En dan verskyn haar biologiese Ma ook nog op die toneel. Dit was lekker om die goue oues weer in aksie te sien (Bette Midler en Helen Hunt). Mooi film.
Almal.
Wed 7 Mar 2007
Basjannie groet vir Oma Kolletjie.
Daniël weier om te lag, behalwe as Charlene met hom spring.
Basjan kan al oulik die bal vang (behalwe as die kamera in sy gesig is)!
Basjannie en diebal…
Wed 31 Jan 2007
Sebastiaan kan op 15 maande al meer as 30 woordjies “sê”! Meeste van hulle kan net ons verstaan, maar tog vind ons hom superslim!!!
Sebastiaan se mamma het ongelukkig nie daaraan gedink dat dit maklik is om die kamera te draai, maar nie so maklik is om die filmpie te draai nie…
Draai maar jou kop skuins, of draai jou beeldskerm op sy kant!
Mon 27 Nov 2006
Ons site was verlede week ‘n paar dae af, omdat ons hostingproviders besluit het dat hulle nou keelvol is daarvoor dat ons meer bandwydte gebruik as die toegestane 30GB per maand!
Ons gebruik nou al ‘n geruime tyd meer as die toegestaande bandwydte, maar hulle het ons nou eers uitgevang! Ons weet nie of ons site nou geflag is nie - dit sou kon beteken dat hulle ons nou ekstra gaan dophou!
Om te kyk of ons die downloads bietjie kan afbring, het ons nou alle ou potgooie verwyder. Dit beteken dat jy net die laaste drie potgooie kan download. As jy regtig graag ‘n ou potgooi wíl download, sal ons dit met graagte beskikbaar maak, stuur ons net ‘n mailtjie en noem die nommer wat jy graag wil download!
As die bandwydte nog steeds ‘n probleem bly, sal ons ‘n plan maak…
Mon 18 Sep 2006
Ons is op vakansie. Hierdie site sal weer aan die gang kom, sodra ons terug is.
Ons maak op die 13de Oktober weer ‘n Potgooi!
Groete
Machiel en Charlene
Sat 2 Sep 2006

Steve Hofmeyr het ons vandag op sy blog genoem. Dankie Steve!
Moenie vergeet nie, op 11 September 2006, die onderhoud met Steve op Uitsaaines Live
Tue 22 Aug 2006


Johan en Fran van die Moddereiland potgooi, het die afgelope naweek hier gekuier en ons het saam ‘n potgooi opgeneem. Nadat ons oor koeitjies en kalfies gesels het, het ek en Charlene hulle vertel presies wat mens kan verwag van sex-shows, peep-shows en kroegies in die rooiliggebied van Amsterdam.
‘n Groot deel van hierdie potgooi is dus NIE geskik vir klein oortjies nie!
(Hierdie Potgooi word nie automaties gedownload met ons RSS feed nie!)
Luister nou, op eie risiko, na die naakte waarheid, deur hier te kliek!
Tyd: 36:13
33 958kB
As jy die potgooi wil download op jou hardeskyf, kliek hier regs en kies “save target as…”